Pretoria bly Pretoria

“Pretoria se naam bly voorlopig Pretoria,” was dr. Pieter Mulder, VF Plus-leier, se reaksie na gister se hofsaak oor die stad se naam.

Volgens dr. Mulder was dit die implikasie van regter Ismael se bevel gister in die Pretoriase hooggeregshof waardeur die aansoek om uitstel goedgekeur is.

Die Tshwane-metroraad het geargumenteer dat die interdik wat in 2008 aan die VF Plus toegestaan is en waardeur Pretoria se naam Pretoria gebly het, geskrap moet word. Dit sou dit vir die stadsraad moontlik maak om voort te gaan met hulle beplande naamsverandering van Pretoria . Die VF Plus het daarteenoor geargumenteer en gevra dat die saak uitgestel word en die vorige interdik dus behou word. Regter Ismael het die uitstel van die saak goedgekeur in die lig van ’n moontlike politieke oplossing. Dit is gebaseer op president Zuma se reaksie in die Parlement oor ’n moontlike politieke oplossing vir die probleem na gesprekke tussen hom en dr. Mulder.

“Hierdie tipe saak gaan nooit permanent met hofsake opgelos word nie. Dit bly tydelike oplossings. ’n Permanente oplossing is slegs moontlik as daar die wil tot ’n politieke oplossing by die ANC is. Die VF Plus is van plan om met gesprekke hieroor met mnr. Zuma voort te gaan,” was dr. Mulder se reaksie na die hofsaak.

липецк аксессуарыФильчаков Харьков