Die prys van ‘n basiese mandjie kos het in Mei met meer as 15% gestyg in vergelyking met dieselfde tyd verlede jaar. Dit blyk uit die jongste Nasionale Landboubemarkingsraad (NLBR) se maandelikse kosmandjieprys-verslag. Die mandjie bestaan uit 22 items, insluitend dinge soos suiker, melk, eiers, gebakte bone, appels, brood, mieliemeel, stowevleis en hoender, onder andere.
Landmyn eis agt na VSA se nuwe ambassadeur in Somalië land
‘n Landmynontploffing het dié week minibus net buite die Somaliese hoofstad, Mogadishoe aan flarde geruk en die lewens van minstens agt mense geëis en talle beseer, het ‘n ooggetuie gesê. Niemand het onmiddellik aanspreeklikheid vir die aanval aanvaar nie, maar die Somaliese terreurgroep, Al-Sjabaab, wat bande met Al-Kaïda het, het in die verlede ‘n string
Lees verder: Landmyn eis agt na VSA se nuwe ambassadeur in Somalië land
Toyota SA ook geraak deur lugsakfoute van sekere modelle
Toyota Suid-Afrika het bevestig dat meer as 500 voertuie geraak sal word deur ‘n wêreldwye onttrekking van sekere modelle wat deur die motorvervaardiger aangekondig is. Die maatskappy sê voertuie wat teruggeroep sal word, sluit in 260 eenhede van die Lexus CT 200 H en 270 Toyota Prius modelle. Toyota Suid-Afrika sê eienaars sal deur Toyota-handelaars
Lees verder: Toyota SA ook geraak deur lugsakfoute van sekere modelle
Eureka! ek verstaan nou die sin van die Angola-oorlog
Die nagtelike ”river crossing” iewers diep in Angola en die krokodille waaraan ek nou eers dink het eindelik ‘n lig vir my aangeskakel oor die sin van ons grensdiens. Ek meen vir elkeen wat swaar sluk aan die sogenaamde nuwe Suid-Afrika en terugdink aan ons opofferings – baie het die hoogste offer gebring en ‘n
Lees verder: Eureka! ek verstaan nou die sin van die Angola-oorlog
ANC in Kaap brand busse oor verkeerde nominasie
Die Golden Arrow-busdiens het die vernietiging van twee van sy busse op die N2 naby Kaapstad veroordeel. Hulle het hul busdienste opgeskort in die gebied. ‘n Woordvoerder van Golden Arrow, Bronwynne Dyke sê hulle hou die situasie fyn dop en is bekommerd omdat hul busse in die protesoptrede geteiken en aan die brand gesteek is.
Lees verder: ANC in Kaap brand busse oor verkeerde nominasie
Soeke na bewyse oor dood van Mississippi-aktiviste gestaak
Meer as ‘n halfeeu ná die dood van pro-swart aktiviste in Mississippi, waarop die rolprent, Mississippi Burning gegrond is, is die soeke na bewyse gestaak om meer mense te vervolg. Maar die heksejag teen die vermeende daders van die 1964 “Freedom Summer”-moorde van drie pro-swart aktiviste in Mississippi se Neshoba-distrik meer as ’n halfeeu ná
Lees verder: Soeke na bewyse oor dood van Mississippi-aktiviste gestaak
Cameron se opvolgers skop veldtog af
Die twee gunstelinge om die nuwe Britse eerste minister en leier van die Konserwatiewe Party te word, sal vandag hul veldtogte bekendstel. Die minister van binnelandse sake, Theresa May en voormalige burgemeester van Londen, Boris Johnson (foto hierbo) sal waarskynlik klem lê op hul vermoë om die party weer saam te snoer ná die referendum
PRAAG stel binnekort nuwe veiligheidstoepassing vry
PRAAG wil ‘n oplossing bied vir die verswakkende veiligheidsituasie in Suid-Afrika met ‘n splinternuwe slimfoontoepassing. Die polisie ontvang nasionaal nagenoeg 29 400 noodoproepe per dag by sy 22 beskikbare inbelsentrums. Dié oproepe is na die polisie se 10111-nommer om misdaad aan te meld. Die aantal daaglikse oproepe wat ontvang word, is ongeveer 20 oproepe per
Lees verder: PRAAG stel binnekort nuwe veiligheidstoepassing vry
Beroemde Jan Hettema naby Pretoria vermoor
Die beroemde Springbokfietsryer en tydrenjaer Jan Hettema is gisteroggend te Boschkop net oos van Pretoria vermoor. ‘n Bende rowers het ingebreek en die 83-jarige Hettema doodgeskiet, terwyl hulle sy vrou ook aangeval en beseer het. Sy dogter Helena Hettema is insgelyks ‘n bekende Afrikaanse sangeres. Hettema is oorspronklik in Nederland in Leeuwarden gebore. Gister is
Ope brief: Hoe my kleuterskool deur die EFF en hoofstroommedia aangeval is
Anéll Engelbrecht, hoof van die Koeitjies en Kalfies-kleuterskool in Centurion, verduidelik in hierdie ope brief hoe haar lewe permanent verander is deur ongegronde aantygings van rassisme deur die hoofstroommedia en die EFF. My beskermende, bevoorregte wit Suid-Afrikaanse lewe het binne 48 uur radikaal verander en sal nooit weer dieselfde wees nie… Rassisme… Ons hoor dit daagliks,
Lees verder: Ope brief: Hoe my kleuterskool deur die EFF en hoofstroommedia aangeval is
