Die meerderheid van senior bestuurders in die departement van gesondheid was politieke aanstellings met geen bestuursvaardighede nie, het kundiges Dinsdag aan ‘n Vigskonferensie in Durban gesê.
Lees verder: Departement van gesondheid is vol politieke aanstellings

Die VN sekretarisgeneraal Ban Ki-Moen en die hele Veiligheidsraad probeer om Haïti in ‘n “voorbeeld-A” te verander om buitelandse hulp te laat aanhou vloei, ten spyte van meer beperkte begrotings. Almal van hulle benadruk dat die arm land by ‘n kruispad staan tussen redding en die duisternis, soos mnr. Ki-Moen dit gestel het. Haïti se onluste verlede jaar was redelik intens, met die land wat steier onder voedseloproere wat die regering omvergewerp het en ‘n reeks orkane wat honderde dood gelaat het en die ekonomie verder op sy knieë dwing.