Selfbeskikking raak krities

Ek dink dit raak nou al hoe meer krities om die konsep van selfbeskiking te promoveer. Nie almal is Christene nie maar baie van hulle voel dit aan hul bas dat die Afrikaner byvoorbeeld selfbeskikingsreg moet hê. Vanuit ‘n Christelike oogpunt erken Chrsitenskap veelvoudige nasies. Die rede hiervoor is dat daar partyskappe moet wees om te beproef wat waar is. In die onnatuurlike, of uit ‘n Christelike oogpunt, die goddelose multikulturele reënboognasie is waarheid, reg en geregtigheid relatief.

Alles word gelyk aan mekaar gestel en een groep se waarheid kan nie voorkeur bo 'n ander s'n verkry nie. Diegene in beheer besluit dan wat waarheid is en dit is "buigbaar" om aan te pas volgens die heersende gees van die multikulturele samelewing.  Die waarheid aangaande die ANC is nou meer as ooit in die ope en daarom moet die reënboognasie verwerp word.

Christenskap vereis nie eennasieskap nie. Eennasieskap is 'n lering van die Koran genaamd oemmaa. Volgens die Koran is alle Moslems een nasie en een groep mense. Oemmaa kon nog nooit bewerkstellig wat dit beloof nie. Moslems maak mekaar meer dood as wat die Amerikaners, Britte of Israel al gedoen het. Die Weste en Israel het nog nooit aan Moslems gedoen wat hulle aan mekaar gedoen het nie – 1,5 miljoen gedood in die oorlog tussen Iran en Irak. Vir Moslems om een te wees kort hulle ‘n gemeenskaplike vyand en Israel is die vyand. In Suid Afrika is die swart nasies een onder die ANC en om eenheid te behou is die gemeenskaplike vyand die Afrikaner. Swartes het ondertussen meer swartes doodgemaak as wat wittes swartes doodgemaak het.

Die oemmaa-strewe in Suid Afrika en ook elders in die wêreld sal en kan nooit werk nie. Eennasieskap lei tot korrupsie, waarvan Niehaus die bewys is, en soos Dan Roodt skryf sal die reëls gebuig word om hom uiteindelik te verskoon. Dit is ‘n mal stelsel en Suid-Afrika is seker die malste land ter wêreld. Net deur selfbeskking kan die verval gekeer en rede behou word. Afsonderlike nasies sal ook magsbehepte en korrupte mense hê maar hulle sal vinniger aan die kaak gestel en uitgelewer word. Die inligtingskandaal verteenwoordig 'n voorbeeld hiervan en myns insiens niks in vergeleke met die korrupsie in die huidige stelsel nie.

Ongeag of jy 'n Christen is of nie, selfbeskikking vir die Afrikaner is nou meer as ooit noodsaaklik.

3d томографиялобановский депутат

Switserse bankgeheime iets van die verlede

In die stille wêreld van Switserse banke het die ondenkbare gebeur: geheime word nou uitgelap.

UBS, die grootste bank in Switserland, het Woensdag ingestem om die name van ryk Amerikaners bekend te maak wat deur owerhede verdink word dat hulle die buitelandse bankrekeninge gebruik om belasting te ontduik.

Die bank het erken dat hulle skuldig is daaraan dat hulle die Internasionale Inkomstediens wou bedrieg en het $780 miljoen betaal in die skikking van 'n wye Amerikaanse regeringsondersoek na hulle aktiwiteite.

Dit is nie duidelik hoeveel van hulle kliënte se name UBS sal bekendmaak nie. Amerikaanse aanklaers het sowat 19 000 rekeninge by die bank ondersoek, maar UBS sal dalk uiteindelik net die identiteit van 'n paar honderd kliënte bekendmaak.

Vir sommige beteken die bekendmaking van enige name die einde van die geheime Switserse bankrekening, waarvan die tradisies so ver as die Middeleeue teruggaan.

"Die Switsers het gesê dit is die einde van Switserse bankwese soos hulle dit ken," het Jack Blum, 'n buitelandse belastingspesialis gesê. "Niemand sal die sekuriteit van 'n Switserse bankrekening meer vertrou nie."

Aanklaers vermoed dat vanaf laat 2002 tot 2007, UBS Amerikaanse kliente gehelp het om op onwettige wyse $20 miljard te verskans, wat hulle in staat gestel het om $300 miljoen per jaar aan belasting te ontduik.

UBS het sommige Amerikaanse kliënte aangemoedig om rekords te vernietig en horlosies, juwele en kunswerke wat hulle gekoop het met geld van buitelandse rekeninge in depositokaste in Switserland te versteek. Die bank het hulle ook aangemoedig om Switserse kredietkaarte te gebruik sodat die IRS nie aankope kon naspeur nie.

осушитель сжатого воздухаФильчаков прокурор

Mandela en die ou ANC-kw?la

Van die vyftigerjare af sing die ANC nog dieselfde deuntjie. Ons gaan armoede uitwis, swartes ophef, 'n kommunistiese stelsel daarstel, die "rassistiese wittes" wegjaag en uitwis. Wel, groot gaan die val van die ANC wees. Hierdie is maar net die begin. Die streke van Niehaus, Zuma en ander ANC's bewys een ding – die Freedom Charter en die verbintenis van die ANC tot die kommunistiese  ideologie is niks minder as vals nie. Dit is weereens 'n hebsugtige elite, wit of swart, wat eintlik net hulself wil verryk – ten koste van die massas wat hul aanhang. Die toestand in SA onder die ANC-regime bewys dit ook.

Die afgelope naweek se saamtrek met Mandela se teenwoordigheid bewys weereens wat die ANC is.

Wreed is die ontnugtering by wit en ander Afrikane (Afrikaners en regsgesinde witmense is lankal bewus daarvan) dat die ANC verrot is met 'n klomp terroriste, kriminele en rampokkers in hul geledere.  Veral dié wat Mandela as heilig en 'n ikoon voorgestel het, omdat hy sogenaamd geweld teen witmense afgesweer het, is volkome naïef.

In werklikheid gaan die ANC's voort met hul "struggle" op plase en stede soos voor 1994, net op 'n baie meer geslepe manier. MK sing nog "Kill the Amabhulu" en "Kill the farmer, kill the Boer". Nóg Mandela nóg ander ANC's het dit al ooit veroordeel of selfs verskoning daarvoor aangebied. Blote stilswye word daaroor gehandhaaf.

ппр насосного оборудованиятопкарго

Nee vir COPE

As ek dit ooit oorweeg het om vir COPE te stem in die komende verkiesing is ek tans in ‘n proses van selfbesinning. Alhoewel ek steeds van mening is dat die koms van COPE een van die beste goed is wat met ons politieke situasie kon gebeur, wonder ek of dit wel ons probleme gaan aanspreek en of hulle die sogenaamde "reënboognasie" gaan verenig. Dat hulle ‘n wig in ANC-geledere vorm en die spreekwoordelike doring in hulle vlees is, betwyfel ek nie. Meeste COPE-lede het egter die ANC-wa goed gery totdat die wiele afgeval het en hulle besluit het om verder te ryloop in die vorm van ‘n nuutgestigte party.

Mnr. Lekota se onlangse uitlatings oor die herinstelling van die kommando's om uiters noodsaaklike dienste te lewer laat mens wonder oor sy ware bedoelings. Hy sê dat tydens sy deelname aan die proses om die kommando's af te stel, het hy dit teensinnig gedoen want hyself wou dit eintlik geleidelik uitfasseer. So hy was ten gunste daarvan, maar hy wou dit op sy manier doen. 'n Absolute gespeel met woorde waarmee hy homself maar net meer skuldig maak. Hy is steeds van mening dat slegs die SAPS na burgerlikes moet omsien aangesien dit so tydens Kodesa bespreek is. Waar hy egter die pot sleg mis sit, is dat hy voel dat ons landsgrense deur die polisie verdedig moet word in die vorm van grensbeheer. Sedert die weermag van ons landsgrense verwyder is, het duisende vrylik oor ons grense gestroom en die effek daarvan is tans oral te sien.

Van die meeste misdade teen ons burgerlikes word deur misdadigers vanuit Mosambiek en Zimbabwe gepleeg waarna hulle vrylik met hulle buit na hulle land padgee. Van die grootste dwelmhandelaars kom uit Nigerië en het ons bure geword in die townships en ook Bishops Court. Die Polisie wat hy wil hê om al dié kwessies aan te spreek is duidelik onbevoeg as mens slegs kyk na die toename in misdaad en spesifiek dwelmhandel. Ons het nou al so baie dwelms in die land dat ons dit deur ons nasionale lugredery na Engeland kan uitvoer. Wat duidelik van onbevoegdheid spreek, is die feit dat ons nooit die dwelms van hier af kan keer nie en dat die Britte dit elke slag namens ons moet doen. Dis geen wonder hulle vereis nou visums van elke persoon wat hulle eiland vanaf SA wil besoek nie. Met ons swak paspoortbeheer en bedrog kan enige onwettige immigrant hiervandaan maklik na enige land as Suid-Afrikaner reis.

Die kommando's het vir jare landelike gebiede beveilig teen normale misdaad en ook aanvalle van oorkant ons grense. Die weermag en kommando's het hand aan hand gewerk en ‘n gedugte span gevorm. Spesifiek op ons plase is beveiliging deur die boere self gedoen en was plaasmoorde ongehoord. Nie net is blankes beskerm nie, maar mense van alle kleure. Nou is al hierdie mense wat deur 'n hoogs doeltreffende diens beskerm is die slagoffers van gewetenlose misdadigers met die polisie om hulle te beskerm. Die afstelling van die kommando's was juis uit vrees vanaf ANC-kant en presies om die verpolitisering van die polisie en weermag te bespoedig. COPE ry tans ook maar net in die spore van die ANC op ‘n voosgeryde pad en as mens mooi kyk, is daar min verskille in hul beleid. Mnr. Lekota waarsku teen die verpolitisering van ons polisie en die weermag en soos hy dit stel is dit een van die ANC se doelwitte. Hy vertel ons dan mos iets wat  ons weet, want hy was self minister van  verdediging en het gehelp om voetsoldate van Umkhonto in te lyf. Selebi se doen en late en die hantering van sy saak spreek mos ook boekdele. So Terror moenie dink hy kan vir baba bangmaak met sulke voorverkiesingsmenings nie. Die polisie en weermag is lankal verpolitiseer; dink eerder aan iets nuuts om jou volgelinge te beïndruk. Ons gaan nie almal na jou nuutgevonde "hawe" hardloop nie. Deur Boesak weereens 'n kans te gee, het julle baie van jul ou identiteit maar net weer laat deurskemer. Hy verwys na die onlangse toesmeerdery van Carl Niehaus deur die ANC wat baie goed vergelyk met Boesak se aanstelling. Hulle smeer daardeur ook maar net toe, deur Boesak as die nuwe kandidaat voor te stel wat ons onder sy leiding verder gaan voer.

Sy uitsprake teenoor die landbou en grondhervorming is maar net soos afgeroomde melk en het min om die lyf. Hy is blykbaar onbewus van opleiding en leiding wat aan mense gegee word wat plase en grond ontvang het. Hy stel voor as deel van sy meesterplan dat hulle eers opleiding sal ontvang voor enige grond oorgedra sal word aan diegene wat daarvoor kwalifiseer. Briljante plan, mnr. Lekota, as mens dit net kan laat werk. As hy maar net realisties sal wees en sy trots in sy sak steek, sal hy besef dat die blanke boer die een is wat hierdie ekonomie dra en van kos voorsien. Hoekom hulle nie kry om hierdie opleiding, waarmee hulle in elk geval al jare lank besig is, te doen en swart boere sodoende te bemagtig nie?

Ek dink die aantwoord daarop is voor die hand liggend of is dit net ‘n geval van: "Hy dink nie"?

COPE het 'n reusetaak voor die deur om uit die skoene van die ANC te kom en sal met unieke idees moet kom om die kieser, vernaam die een op die draad, te oortuig. Deur bloot die "julle-het-dit-gedoen-en-ons-doen-dat"-politiek te wil beoefen, is nie goed genoeg nie.

slots win real money no depositОлександр Васильович Фільчаков

Hebsug lei tot ‘n volk se ondergang

Bravo vir Dan Roodt se rubriek oor die Niehaus-semels – wat ook deur die varke gevreet sal word.

Voorheen het ek al dikwels hierdie diaboliese opportunistiese Afrikanerkitaarslaners, voorbokke en agterryers met mening aangevat en ontmasker.

Dit herinner my aan die volgende:

"Slegte mense kan onmoontlik nie goeie burgers wees nie. 'n Volk van sedeloses en afgodedienaars kan onmoontlik nie 'n vrye volk wees nie. Wanneer mense hul God vergeet, word die kettings van tirannie gesmee. Immoraliteit en 'n korrupte publieke gewete is onverenigbaar met vryheid." Patric Henry, 1775.

"Die krag en swakheid van 'n samelewing steun meer op die vlak van sy geestelike lewe as op sy vlak van industrialisering. Nóg die markekonomie nóg algemene welvaart verteenwoordig die mense se hoogste prestasie. Indien 'n volk se geestelike energie uitgeput raak, sal hy nie deur die mees volmaakte regeringstruktuur of deur enige nywerheidsontwikkeling van ineenstorting gered word nie. 'n Boom met 'n verrotte kern kan nie staande bly nie. Alexander Solsjinitsin.

Voorspoed met die goeie werk hier op praag.co.za.

камин дома своими рукамиАлександр Фильчаков

Nederland ervaar ongekende ekonomiese inkrimping

Die jare dertig is terug, altans vergelykings met die 1930’s. Die Nederlandse premier, Jan-Peter Balkenende, het gister op ’n sombere perskonferensie gesê dat die ongekende inkrimping van die Nederlandse ekonomie aan daardie tyd herinner.

Die Nederlandse ekonomie krimp vanjaar met 3,5%. Twee maande gelede is nog gemeen dat dit 0,75% sou wees, maar die wêreldwye ekonomiese krisis en die resessie het veel sterker toegeslaan as wat verwag is. Die krimping was in 1931 laas so groot.

Balkenende het gesê dat die tempo waarin die ekonomie krimp, heeltemal ongekend is.

Hy het gesê dat die styging in werkloosheidsyfers die pynlikste is van die huidige voorspelling van die Centraal Planbureau. Die aantal werkloses kan vanjaar styg tot 425 000, en volgende jaar tot 675 000. Dit is onderskeidelik 5,5% en 8,75% van die beroepsbevolking.

Soos in een TV-program opgemerk is, het Balkendende byna in “Ou-Testamentiese terme” van die krisis gepraat. Hy het gesê dat “grote beproevingen” op die Nederlandse samelewing wag.

подростковая верхняя одежда для девочеклобановский александр компромат

‘Daai pispotstylhelm’ is onwettig

ImageMotorfietshelms wat nie die ore van die gebruiker toemaak nie, voldoen nie aan basiese veiligheidsvereistes nie, het die Nasionale beheerliggaam vir verpligte spesifikasies (NRCS) Dinsdag gesê.

Die NRCS-woordvoerder Mirriam Moswaane het gesê die "pispotstylhelms (waarna normaalweg verwys word as Chips, German, Beanie of Cruiser) voldoen nie aan die verpligte spesifikasies – spesifiek seksie 5.1a wat stel dat alle helms die ore van die gebruiker behoort toe te maak vir veiligheidsredes nie".

Die helms word verkoop onder name soos Lafe, Stinga en Lynx en dra "misleidende" etikette soos "perdry, nie vir snelweg gebruik en nie vir padgebruik nie".

"Alhoewel die helms gemerk word vir 'n ander gebruik of doel, word dit steeds aan winkels vir motorfietsbybehore verkoop," het Moswaane gesê.

"Om dinge erger te maak, het party van die helms valslik die Suid-Afrikaanse Buro van Standaarde- (SABS-)plakker op," het Moswaane gesê.

Die Nasionale beheerliggaam vir verpligte spesifikasies was voorheen die SABS-beheerafdeling.

slot freeФільчаков прокурор

Twee gedigte

dis al
(met apologie aan Jan F.E. Celliers)

dis 'n gat in die grond
dis 'n vallende traan
dis 'n balling gegaan
oor die oseaan –
dis al

en 'n voël voel vere
draai jy maar self
in jouself
in eensame vlug

dis al
 
Gradeer op en geniet jou gate uit!

Dikbek oor jou status geras is
na derdeklas?

Hoop is aan die horison!

Jy is uitverkies

vir 'n GOUE KAART!

Die pas na die poort
van jou blink lok-
asie!

Die sleutel tot asemrowende
plesiere:
o ontspannende lesse in die vermyding
van messe tydens jou Swartsee-vakansie!
o komplimentêre opruiming van jou
beursie, selfoon en juwele
in sorgvuldig geselekteerde restaurante!
o weelderige verblyf in vyf-ster-kuuroorde
ná die welwillende skenking van jou
bevoorregte lewe!

Toon wie jy is!

Waarheen jy op pad is!

(En onthou! Jy kwalifiseer vir gratis
reisversekering van tot R750 000!)

Alles net 'n klik weg!

Gradeer vandag nog
op!

(Bepalings en voorwaardes geld)

для дівчаток ігриАлександр Фильчаков Васильевич

Bedreiging van die lewendes

(met apologie aan Breyten Breytenbach)

 

Dames en here, vergun my om u voor te stel aan haar,

nie so maer; sy dra groen oë

en trek haar gebleikte hare om by die swart

wortels vir u ’n gedig uit te grawe        soos byvoorbeeld:

ek is bang om my oë uit te haal

én te sien wat aangaan

die hospitale van my land is stampvol gaterige mense

wat die vensters en die mure

die strate en die sypaadjies afgeslag

en glibberig rooi reën

 

my oë staar styf

ek/jy word op so ’n koeëldag begrawe

as vroue swart gesaad is        rou

die blare en blomme knak nat

die lig is weggeknaag die lug sweet wit bloed

maar ek sal weier om my oë te stil

 

knip die benerige vingers af

té pyn vir die mond om ooit te sê

trek stewels aan vir skop

sodat die dood hoorbaar die voete soen

swart kantel die gladde bekke metaal, bloeisels knal rooi

prewel vir ons groen gebede, o monnike!

 

plant ons heuwels vol verskeurde oorblyfsels van die leeubekke

hulle sal op ons grafte kak

in oop riole

kranksinnig en geslepe dwaal hulle sonder siele

vrese vrese vrese deurweek koppe

en my tong sal weier om my pen te troos

 

Kyk, hulle is erg skadelik; reken hulle elke kwaad toe.

[Met verwysing na Breyten Breytenbach se gedig “Bedreiging van die siekes”, soos gepubliseer in die bundel Die ysterkoei moet sweet, Afrikaanse Pers-Boekhandel 1964.]

 

кирпичные бани фотоДанильченко Юрий прокурор