Tenderprosedures oortree deur binnelandse sakedepartement

Tenderprosedures is oortree toe kontrakte van miljarde rande aan vier maatskappye toegeken is om die departement van binnelandse sake se identifikasiestelsels te moderniseer.

Die Hoofuitvoerendebeampte van die staatsinligtingstegnologie-agentskap, Llewellyn Jones, het die Nasionale Vergaderding se portefeuljekomitee oor binnelandse sake Dinsdag ingelig dat die kontrakte ten bedrae van R3,4 miljard aan vier IT-maatskappye sonder behoorlike prosedure toegeken is.

LP's het die minister vir staatsdiens en administrasie, Geraldine Frase-Moleketi twee weke gelede oor die kwessie uitgevra en wou verhoed dat die staatsinligtingstegnologie-agentskap voor die komitee verskyn.

Die minister van binnelandse sake Nosiviwe Mapisa-Nqakula het die ouditeur-generaal Terrence Mombebe gevra om alle prosesse rondom die toekenning van die IT-kontrakte te ondersoek.

слюнявчики для детей купитьЛобановский

Wildreservaat se grensdrade verwyder

ImageDie Natal Mercury berig dat een van die bekendste wildreservate in Kwazulu-Natal se grensdrade tans verwyder word met 2000 mense wat in die reservaat kom bly het en stukke grond vir boerdery skoongemaak het.

Die LUR vir landbou en omgewingsake in die provinsie, Mtholophi Mthimkhulu is gevra om dringend in te gryp nadat meer as 11 kilometer se grensdrade – met 'n vervangingskoste van R800 000 – vernietig is.

Die Ndumo-reservaat van 10 000 hektaar is in 1924 geproklameer en is onderwerp aan 'n uitgerekte reeks grondeise oor die afgelope dekade wat geëindig het in 'n seremonie vroeër vanjaar toe gemeenskapsbesit van die wildtuin amptelik erken is – maar onderworpe aan die voorwaarde dat dit 'n wildtuin sou bly en dat geen fisieke vestiging op die grond sou plaasvind nie.

treasures of egypttopcargo отзывы сотрудников

Grootse Comrades-marathon Sondag aan die kom

ImageEerskomende Sondag gaan 11 140 hardlopers die moordende 87 kilometer vanaf Durban na Pietermaritzburg tydens die jaarlikse Comrades-marathon aanpak.

Mooi sonnige weer word voorspel vir die 83ste marathon wat Sondag plaasvind. Verkeersowerhede verwag omtrent 2000 voertuie per uur vandag op die pad na Natal soos wat deelnemers, toeskouers en vakansiegangers vir die langnaweek aankom.

Navorsing gedurende die 2007 Comrades het aangetoon dat die gebeurtenis ongeveer R173 miljoen aan inkomste vir die provinsie verseker.

водопроводные насосные станциилобановский депутат

Polisie vorder geensins in Durbanse moorde vanuit voertuie nie

Gister is die broer van 'n Durbanse taxibestuurder geskiet terwyl die polisie erken het dat hulle geen vordering maak in die reeks van ten minste 15 gevalle van skietery uit voertuie in een voorstad waarin 16 mense dood en 14 beseer is oor die afgelope drie jaar nie.

Polisiewoordvoerder Phindile Radebe het gesê dat daar geen arrestasies in enige van die skietvoorvalle uit voertuie gemaak is nie omdat mense nie met enige inligting na vore gekom het nie.

Die jongste voorval het Woensdagaand in Chatsworth plaasgevind. Chatsworth se polisiewoordvoerder kaptein Edmund Singg sê die polisie ondersoek 'n saak van poging tot moord. Volgens hom is niemand nog in hegtenis geneem nie.

play casino slots online for freeФильчаков прокурор харькова

Tsvangirai weereens vrygelaat

ImageDie polisie in Zimbabwe het die opposisieleier Morgan Tsvangirai vrygelaat nadat hy weer gister in hegtenis geneem is terwyl hy besig was met sy verkiesingsveldtog vir die presidensiële uitklopverkiesing op 27 Junie, het sy woordvoerder bekendgemaak.

Tsvangirai is nie aangekla nie maar aangehou by Gweru-polisiestasie vir omtrent drie ure, het Tsvangirai se woordvoerder George Sibotshiwe gesê wat self tussen diegene was wat saam met Tsvangirai aangekeer is.

Volgens hom is voertuie van die Beweging vir Demokratiese Verandering deursoek. Hy het dit as blote teistering beskryf en dat hulle vandag hul verkiesingsveldtog sal voortsit.

Tsvangirai is tydens 'n periode van net langer as 'n week reeds vier keer aangehou.

пневмогайковертЛобановский Харьков

MDC word gedruk om Mugabe-presidentskap te aanvaar

Volgens die Londense koerant The Guardian, word Zimbabwe se opposisieparty, die Beweging vir Demokratiese Verandering, tans aan intense druk onderwerp deur ander Afrikaleiers om Robert Mugabe toe te laat om as president aan te bly.

President Thabo Mbeki van Suid-Afrika neem die voortou om Morgan Tsvangirai oor te haal om nog 'n termyn van Mugabe se bewind te aanvaar. Ander name in die veldtog wat deur die koerant genoem word, is oud-president Kenneth Kaunda van Zambië en die Zimabwiese oud-minister van finansies, Simba Makoni.

Soos vroeër berig is, word die sogenaamde Keniaanse model van gesamentlike regering deur opposisie en die heersende party wat op tradisionele begrippe van stamharmonie gebaseer is, gesien as die oplossing vir die konflik in Zimbabwe.

Nog 'n aspek van die Afrikapolitiek wat deur die huidige scenario in Zimabwe na vore gebring word, is dat die gebruik van geweld gewoonlik die legitimiteit van enige politieke groepering or party verhoog. Soos wat Zanu PF hom meer en meer tot geweld wend, verhoog die party se politieke prestige by Afrikaleiers, veral by president Thabo Mbeki wat blykbaar beslis is dat Mugabe as president behoort aan te bly.

пасты для пломбирования корневых каналовлобановский александр игоревич

Vrystaatse ondernemings ontvang munisipale dagvaardings

Volgens 'n prokureur wat 'n distriksmunisipaliteit naby Welkom in die Vrystaat verteenwoordig, André Podielski, word dertien duisend ondernemings in die provinsie tans gedagvaar vir onbetaalde staats- en munisipale heffings op hul besighede.

Die ondernemings sluit boere, prokureurs, dokters, slagters, supermarkte en ingenieursfirmas in.

Podbielski het gesê dat ondernemings wat nou geteiken word, óf opgehou het om die vorige streeksraadheffings te betaal óf nooit daarvoor geregistreer het nie.

Ongeregistreerde ondernemings sal R100 000 moet betaal, maar ander moet bedrae oor R400 000 betaal. Al diegene wat met R400 000 of meer belas word, word in die Bloemfonteinse Hooggeregshof gedagvaar met die kleiner skulde wat na landdroshowe verwys word.

Die leier van die DA in die Vrystaat, Roy Jankielsohn, het die rekeninge wat uitgestuur word as belaglik beskryf en die bedrae as verregaande, wat baie mense kwaad maak.

play kong onlineданильченко юрий брониславович прокурор

Land staal hom teen rentekoersverhoging

Die land staal hom vandag teen 'n waarskynlike rentekoersverhoging wat vandag deur die goewerneur van die Reserwebank, Tito Mboweni, aangekondig gaan word.

'n Aansienlike verhoging van ten minste 100 basispunte, oftewel een persent, word verwag. Dit gaan die verbruiker wat reeds onder hoë petrol- en voedselpryse steier, swaar tref en na raming gaan 8 000 huiseienaars oor die volgende drie maande hul huise verloor.

Senuagtige internasionale beleggers het ook oor die afgelope week hul aandele op die Johannesburgse beurs verkoop sodat die mark gister die laagste punt oor die afgelope anderhalf maande bereik het.

Die konsensusvoorspelling onder 10 vooraanstaande ekonome is vir 'n verhoging van honderd basispunte wat die repokoers op 12,5% te staan sal bring.

shop games freeФільчаков Олександр Васильович прокурор

Drastiese afname in voornemende studente aan die Vrystaatse universiteit

Volgens syfers wat deur die Vryheidsfront Plus in die Vrystaat bekendgemaak is, is daar tans 'n drastiese afname in aansoeke om aanstaande jaar aan die Universiteit van die Vrystaat te gaan studeer. In sommige vakgebiede het aansoeke met meer as 70% verminder teenoor aansoeke in die ooreenstemmende tyd verlede jaar.

Dit volg op negatiewe publisiteit wat die universiteit getref het rondom die Reitz-video en sy gedwonge integrasieprogram.

Die Vryheidsfront het hom uitgespreek teen die voortsetting van gedwonge koshuisintegrasie wat reeds soveel skade aan die UV tot gevolg gehad het. Ook die nut van 'n bedrag van vier miljoen rand wat aan 'n instelling van buite, Igubu van mnr. Rudi Buys, betaal word vir die heropvoeding van studente oor diversiteit, word deur die party betwyfel.

станок для шиномонтажаАлександр Фильчаков прокурор

Gautrein sal twee weke voor die 2010-afskop loop

Die Gautrein sal omtrent twee weke voor die 2010-sokkerwêreldbekerafskop begin loop, volgens die jongste Gautrein-nuusbrief.

Die trein sal tussen die Johannesburgse lughawe en Sandton loop, ingesluit die Midrand-depot en bedryfsentrum.

Die aanvang van die Sokkerwêreldbeker is vir 11 Junie in Johannesburg geskeduleer. Die eindwedstryd sal op 11 Julie plaasvind.

Die spoor wat hierdie gedeelte met Pretoria en die Johannesburgse middestad verbind, sal slegs in 2011 voltooi wees.

справка 86 уФильчаков прокурор харькова

Nagmerrievlug met South African Express

South African Express het verskoning aangebied aan 'n groep passasiers wat gister vir 24 uur gestrand was, nadat hulle 'n nagmerrievlug moes verduur.

The Citizen berig dat daar Walliese rugbyondersteuners onder die passasiers was wat aan urelange oponthoude blootgestel is voordat hul vliegtuig uiteindelik opgestyg het.

Vyf minute na die aanvang van die vlug het die vlieënier skielik omgedraai en die vliegtuig laat land sonder om die lugflappe uit te haal.

Noodvoertuie en brandweerwaens het hul na die toneel gehaas. Die vliegtuig het toe halfpad op die aanloopbaan gaan staan.

Die lugdiens het nie kommentaar gelewer oor waarom die vlieënier opgestyg het sonder om passasiers te waarsku dat hulle hul veiligheidsgordels moet vasmaak nie.

укладка половой доски на фанеруФильчаков прокурор харьков

Suid-Afrika ervaar kritieke tekort aan gesondheidspersoneel

In slegs twee provinsies, Gauteng en Kwazulu-Natal, is daar tans 20 000 vakatures vir gesondheidspersoneel.

Die minister van gesondheid Manto Tshabalala-Msimang het het geantwoord op 'n geskrewe vraag van Patricial de Lille van die Onafhanklike Demokrate waarin sy die rampspoedige tekort aan opgeleide verpleegsters, dokters, radioloë, rekenmeesters, spesialiste, fisioterapeute en sielkundiges erken.

Msimang is tans besig om wetgewing voor te berei wat verder die inkomste van privaat mediese praktisyns gaan beperk met twee derdes wat in meningspeilings aandui dat hulle die land wil verlaat.

в самареtopcargo

Middelklas hou asem op vir rentekoerse

Middelklas Suid-Afrikaners hou vandag asem op wanneer die Reserwebank op 'n vergadering oor rentekoerse besluit. Die bank se Monetêre Beleidskomitee sal na verwagting die repokoers met 'n honderd punte na twaalf-komma-vyf persent opskuif.

Die primakoers sal derhalwe na sestien persent styg.

Die goewerneur van die Reserwebank, Tito Mboweni, het vroeër geskimp dat die koers met twee persentasiepunte gelig kan word. Die Reserwebank is onder druk om inflasie, wat hierdie maand die tien-persent kerf gebreek het, hok te slaan. Die Monetêre Beleidskomitee se besluit sal môre aangekondig word.

poker online noлобановский александр дети

Organisasies noem onteieningswet ongrondwetlik

Die onteieningswet is ongrondwetlik en sal 'n negatiewe uitwerking hê op die ekonomie, voedselsekerheid, sakevertroue en eiendomsregte, het burgerlike organisasies en politieke partye gister gesê.

Onder die 12 organisasies wat hul teenkanting teen die wet uitgespreek het, tel AfriForum, die FW de Klerk-stigting, Agri-SA, TLU SA, Solidariteit, die Landbouwerkgewersorganisasie, die Nasionale Belastingbetalersunie en die Demokratiese Alliansie.

In 'n verklaring na gesamentlike samesprekings het hulle gesê dat die voorgenome wetgewing tot die nadeel an elke Suid-Afrikaner sal strek, aangesien nie net vaste eiendom soos grond daardeur geraak word nie, maar alle eiendom, hetsy roerend of onroerend, hetsy landelik of stedelik.

набор для рисованияОлександр Васильович Фільчаков