Tsvangirai is nie aangekla nie maar aangehou by Gweru-polisiestasie vir omtrent drie ure, het Tsvangirai se woordvoerder George Sibotshiwe gesê wat self tussen diegene was wat saam met Tsvangirai aangekeer is.
Volgens hom is voertuie van die Beweging vir Demokratiese Verandering deursoek. Hy het dit as blote teistering beskryf en dat hulle vandag hul verkiesingsveldtog sal voortsit.
Tsvangirai is tydens 'n periode van net langer as 'n week reeds vier keer aangehou.

Die polisie in Zimbabwe het die opposisieleier Morgan Tsvangirai vrygelaat nadat hy weer gister in hegtenis geneem is terwyl hy besig was met sy verkiesingsveldtog vir die presidensiële uitklopverkiesing op 27 Junie, het sy woordvoerder bekendgemaak.