Onder die 12 organisasies wat hul teenkanting teen die wet uitgespreek het, tel AfriForum, die FW de Klerk-stigting, Agri-SA, TLU SA, Solidariteit, die Landbouwerkgewersorganisasie, die Nasionale Belastingbetalersunie en die Demokratiese Alliansie.
In 'n verklaring na gesamentlike samesprekings het hulle gesê dat die voorgenome wetgewing tot die nadeel an elke Suid-Afrikaner sal strek, aangesien nie net vaste eiendom soos grond daardeur geraak word nie, maar alle eiendom, hetsy roerend of onroerend, hetsy landelik of stedelik.
