Wildreservaat se grensdrade verwyder

ImageDie Natal Mercury berig dat een van die bekendste wildreservate in Kwazulu-Natal se grensdrade tans verwyder word met 2000 mense wat in die reservaat kom bly het en stukke grond vir boerdery skoongemaak het.

Die LUR vir landbou en omgewingsake in die provinsie, Mtholophi Mthimkhulu is gevra om dringend in te gryp nadat meer as 11 kilometer se grensdrade – met 'n vervangingskoste van R800 000 – vernietig is.

Die Ndumo-reservaat van 10 000 hektaar is in 1924 geproklameer en is onderwerp aan 'n uitgerekte reeks grondeise oor die afgelope dekade wat geëindig het in 'n seremonie vroeër vanjaar toe gemeenskapsbesit van die wildtuin amptelik erken is – maar onderworpe aan die voorwaarde dat dit 'n wildtuin sou bly en dat geen fisieke vestiging op die grond sou plaasvind nie.

treasures of egypttopcargo отзывы сотрудников