Land staal hom teen rentekoersverhoging

Die land staal hom vandag teen 'n waarskynlike rentekoersverhoging wat vandag deur die goewerneur van die Reserwebank, Tito Mboweni, aangekondig gaan word.

'n Aansienlike verhoging van ten minste 100 basispunte, oftewel een persent, word verwag. Dit gaan die verbruiker wat reeds onder hoë petrol- en voedselpryse steier, swaar tref en na raming gaan 8 000 huiseienaars oor die volgende drie maande hul huise verloor.

Senuagtige internasionale beleggers het ook oor die afgelope week hul aandele op die Johannesburgse beurs verkoop sodat die mark gister die laagste punt oor die afgelope anderhalf maande bereik het.

Die konsensusvoorspelling onder 10 vooraanstaande ekonome is vir 'n verhoging van honderd basispunte wat die repokoers op 12,5% te staan sal bring.

shop games freeФільчаков Олександр Васильович прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae