Dit volg op negatiewe publisiteit wat die universiteit getref het rondom die Reitz-video en sy gedwonge integrasieprogram.
Die Vryheidsfront het hom uitgespreek teen die voortsetting van gedwonge koshuisintegrasie wat reeds soveel skade aan die UV tot gevolg gehad het. Ook die nut van 'n bedrag van vier miljoen rand wat aan 'n instelling van buite, Igubu van mnr. Rudi Buys, betaal word vir die heropvoeding van studente oor diversiteit, word deur die party betwyfel.
