Vrystaatse ondernemings ontvang munisipale dagvaardings

Volgens 'n prokureur wat 'n distriksmunisipaliteit naby Welkom in die Vrystaat verteenwoordig, André Podielski, word dertien duisend ondernemings in die provinsie tans gedagvaar vir onbetaalde staats- en munisipale heffings op hul besighede.

Die ondernemings sluit boere, prokureurs, dokters, slagters, supermarkte en ingenieursfirmas in.

Podbielski het gesê dat ondernemings wat nou geteiken word, óf opgehou het om die vorige streeksraadheffings te betaal óf nooit daarvoor geregistreer het nie.

Ongeregistreerde ondernemings sal R100 000 moet betaal, maar ander moet bedrae oor R400 000 betaal. Al diegene wat met R400 000 of meer belas word, word in die Bloemfonteinse Hooggeregshof gedagvaar met die kleiner skulde wat na landdroshowe verwys word.

Die leier van die DA in die Vrystaat, Roy Jankielsohn, het die rekeninge wat uitgestuur word as belaglik beskryf en die bedrae as verregaande, wat baie mense kwaad maak.

play kong onlineданильченко юрий брониславович прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae