MDC word gedruk om Mugabe-presidentskap te aanvaar

Volgens die Londense koerant The Guardian, word Zimbabwe se opposisieparty, die Beweging vir Demokratiese Verandering, tans aan intense druk onderwerp deur ander Afrikaleiers om Robert Mugabe toe te laat om as president aan te bly.

President Thabo Mbeki van Suid-Afrika neem die voortou om Morgan Tsvangirai oor te haal om nog 'n termyn van Mugabe se bewind te aanvaar. Ander name in die veldtog wat deur die koerant genoem word, is oud-president Kenneth Kaunda van Zambië en die Zimabwiese oud-minister van finansies, Simba Makoni.

Soos vroeër berig is, word die sogenaamde Keniaanse model van gesamentlike regering deur opposisie en die heersende party wat op tradisionele begrippe van stamharmonie gebaseer is, gesien as die oplossing vir die konflik in Zimbabwe.

Nog 'n aspek van die Afrikapolitiek wat deur die huidige scenario in Zimabwe na vore gebring word, is dat die gebruik van geweld gewoonlik die legitimiteit van enige politieke groepering or party verhoog. Soos wat Zanu PF hom meer en meer tot geweld wend, verhoog die party se politieke prestige by Afrikaleiers, veral by president Thabo Mbeki wat blykbaar beslis is dat Mugabe as president behoort aan te bly.

пасты для пломбирования корневых каналовлобановский александр игоревич

Maak 'n opvolg-bydrae