Die Hoofuitvoerendebeampte van die staatsinligtingstegnologie-agentskap, Llewellyn Jones, het die Nasionale Vergaderding se portefeuljekomitee oor binnelandse sake Dinsdag ingelig dat die kontrakte ten bedrae van R3,4 miljard aan vier IT-maatskappye sonder behoorlike prosedure toegeken is.
LP's het die minister vir staatsdiens en administrasie, Geraldine Frase-Moleketi twee weke gelede oor die kwessie uitgevra en wou verhoed dat die staatsinligtingstegnologie-agentskap voor die komitee verskyn.
Die minister van binnelandse sake Nosiviwe Mapisa-Nqakula het die ouditeur-generaal Terrence Mombebe gevra om alle prosesse rondom die toekenning van die IT-kontrakte te ondersoek.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.