Tenderprosedures oortree deur binnelandse sakedepartement

Tenderprosedures is oortree toe kontrakte van miljarde rande aan vier maatskappye toegeken is om die departement van binnelandse sake se identifikasiestelsels te moderniseer.

Die Hoofuitvoerendebeampte van die staatsinligtingstegnologie-agentskap, Llewellyn Jones, het die Nasionale Vergaderding se portefeuljekomitee oor binnelandse sake Dinsdag ingelig dat die kontrakte ten bedrae van R3,4 miljard aan vier IT-maatskappye sonder behoorlike prosedure toegeken is.

LP's het die minister vir staatsdiens en administrasie, Geraldine Frase-Moleketi twee weke gelede oor die kwessie uitgevra en wou verhoed dat die staatsinligtingstegnologie-agentskap voor die komitee verskyn.

Die minister van binnelandse sake Nosiviwe Mapisa-Nqakula het die ouditeur-generaal Terrence Mombebe gevra om alle prosesse rondom die toekenning van die IT-kontrakte te ondersoek.

слюнявчики для детей купитьЛобановский