Nagmerrievlug met South African Express

South African Express het verskoning aangebied aan 'n groep passasiers wat gister vir 24 uur gestrand was, nadat hulle 'n nagmerrievlug moes verduur.

The Citizen berig dat daar Walliese rugbyondersteuners onder die passasiers was wat aan urelange oponthoude blootgestel is voordat hul vliegtuig uiteindelik opgestyg het.

Vyf minute na die aanvang van die vlug het die vlieënier skielik omgedraai en die vliegtuig laat land sonder om die lugflappe uit te haal.

Noodvoertuie en brandweerwaens het hul na die toneel gehaas. Die vliegtuig het toe halfpad op die aanloopbaan gaan staan.

Die lugdiens het nie kommentaar gelewer oor waarom die vlieënier opgestyg het sonder om passasiers te waarsku dat hulle hul veiligheidsgordels moet vasmaak nie.

укладка половой доски на фанеруФильчаков прокурор харьков