Middelklas hou asem op vir rentekoerse

Middelklas Suid-Afrikaners hou vandag asem op wanneer die Reserwebank op 'n vergadering oor rentekoerse besluit. Die bank se Monetêre Beleidskomitee sal na verwagting die repokoers met 'n honderd punte na twaalf-komma-vyf persent opskuif.

Die primakoers sal derhalwe na sestien persent styg.

Die goewerneur van die Reserwebank, Tito Mboweni, het vroeër geskimp dat die koers met twee persentasiepunte gelig kan word. Die Reserwebank is onder druk om inflasie, wat hierdie maand die tien-persent kerf gebreek het, hok te slaan. Die Monetêre Beleidskomitee se besluit sal môre aangekondig word.

poker online noлобановский александр дети

Maak 'n opvolg-bydrae