Beeld het berig dat ‘n swart polisie-inspekteur van Tembisa in die Oos-Rand glo die slagoffers van ‘n gewapende roof en gepoogde kaping gevloek het met die woorde “Dit is tyd dat julle wittes julle goed pak en f****f”
Krag kan hierdie somer lol
President Kgalema Motlanthe sê hierdie somer gaan 'n baie moeilike tydperk wees omdat meeste van Eskom se instandhoudingswerk dan gedoen moet word. Dalk ?n Britse Obama oppad?
‘n Groeiende aantal etniese minderheidskandidate word vir die parlement verkies, wat die kanse om ‘n Britse Obama te sien verhoog, het navorsing Donderdag aangedui.
Kredietkaartbedrog tref Noordwes in ‘n vlaag
Die eerste swart pous?
17:02:44 Die verkiesing van Barack Obama as die eerste swart Amerikaanse president kan die weg baan vir die verkiesing van ‘n eerste swart pous, aldus ‘n vooraanstaande swart Amerikaanse Katolieke leier.
Tenderbesluite moet uit hande van politici, s? Zuma
Die finale besluite omtrent toekenning van tenders moet uit die hande van politici geneem word, het ANC-president Jacob Zuma op Vrydag gesê.
Lees verder: Tenderbesluite moet uit hande van politici, s? Zuma
Sjinese kraak Withuisnetwerk
Sjinese rekenaarkrakers het die Withuis se rekenaarnetwerk al verskeie kere binnegedring, en e-pos tussen regeringsamptenare in die hande gekry, het ‘n senior amptenaar aan die Financial Times gesê.
Gevegte in Kongo versprei
Nkunda se soldate het beheer van Kiwanja oorgeneem op Woensdag, na hewige gevegte met die pro-regeringsmilisie, die Mai Mai. Dis net een van vele tekens dat die konflik besig is om te versprei in die ooste van die Kongo en die skietstaking besig is uitmekaar te val.
DRK s? VN doen niks om slagting te keer nie
VN-vredesmagte het nie die slagting in die ooste van die Kongo gekeer nie, het 'n segsman vir president Joseph Kabila Vrydag aan verslaggewers gesê.
Berlusconi se opmerking oor Obama ‘rassisties’
Italië se uitgesproke premier, Silvio Berlusconi, het ‘n goeie begin gemaak deur die nuwe Amerikaanse President te komplimenteer met sy mooi "sonbruin" gelaat.
