DRK s? VN doen niks om slagting te keer nie

VN-vredesmagte het nie die slagting in die ooste van die Kongo gekeer nie, het 'n segsman vir president Joseph Kabila Vrydag aan verslaggewers gesê.

"Mense word wreed vermoor en MONUC, die VN se vredesmag, doen niks," het Kudusa Kasongo gesê. Hy het in Nairoba met die media gepraat waar daar tans 'n internasionale spitsberaad gehou word waar gepoog gaan word om 'n oplossing vir die toestand in die ooste van die  DRK te vind.

Kongolese magte wat deur general Laurent Nkunda gelei word, het 'n weekoue skietstilstand Donderdag gebreek.  Human Rights Watch sê ongeveer 20 burgerlikes is in die jingste gevegte dood.

 

 

yfcnjkmyst buhsФильчаков прокурор харькова

Maak 'n opvolg-bydrae