Gevegte in Kongo versprei

Nkunda se soldate het beheer van Kiwanja oorgeneem op Woensdag, na hewige gevegte met die pro-regeringsmilisie, die Mai Mai. Dis net een van vele tekens dat die konflik besig is om te versprei in die ooste van die Kongo en die skietstaking besig is uitmekaar te val.

‘n VN beampte het gesê dat Kiwanja twee keer aangeval is. Die eerste keer deur die Mai Mai, wat die mense wat hulle beskuldig het dat hulle Nkunda se rebelle ondersteun en hulle vermoor het, waarna Nkunda se rebelle ingekom het en die wat hulle as Mai Mai ondersteuners beskuldig het vermoor het.

Die beampte het onder die voorwaarde van anonimiteit gepraat, aangesien hy nie toegelaat was om met verslaggewers te praat nie.

Dosyne milisiegroepe is bedrywig in die heuwels en valleie in die oostelike Kongo, ‘n wettelose gebied waar die regering en ‘n 17 000 man vredesmag vir jare al probeer om dinge onder beheer te bring.

Die gewapende groepe sluit in Mai Mai, etniese Hoetoes van Rwanda af, wat na die Kongo gevlug het nadat hulle gehelp het in die bloedige volksmoord in 1994 in Rwanda.

Nuwe gevegte tussen die weermag en rebelle het Donderdag uitgebreek noord van Kiwanja in die omgewing van Nyanzale, het die VN-woordvoerder Madnoje Mounoubai gesê. Die Kongolese weermag het hulle posisies daar verlaat en duisende vlugtelinge het ook gevlug uit die omgewing en skuiling gaan soek naby ‘n VN-basis, het hy gesê.

Later in Donderdag het die VN-vredesending in die Kongo bevestig dat Nkunda se magte die dorpies Nyanzale en Kikuku onder hulle beheer geneem het.

Nyanzle is een van drie operasionele weermagbasisse in noord-Kivu provinsie. Die rebelle het die grootste weermagbasis in oostelike Kongo op 20 Oktober oorgeneem.

Die jongste geweld is nog ‘n slag teen die  wankelrige eensydige skietstilstand wat Nkunda op 29 Oktober geïmplementeer het nadat sy soldate die buitewyke van Goma bereik het met ‘n vinnige aksie wat die Kongolese weermag laat vlug het.

Die konflik in die oostelike Kongo word aangeblaas deur sluimerende etniese haat wat van die 1994-volksmoord en Kongolese burgeroorloë vanaf 1996 tot 2002, wat buurlande laat inkom het om die Kongo se minerale rykdomme te kom plunder.              

вихревой насостопкарго

Maak 'n opvolg-bydrae