Mediamagnaat, Berlusconi, (72) het die opmerking gemaak terwyl hy Moskou besoek het, en gesê het Obama was jonk, aantreklik en mooi gesonbrand.
Gisteraand toe Berlusconi van alle kante veroordeel is vir die oënskynlik rassistiese opmerking, het hy gevra “wat is die probleem aangesien dit ‘n kompliment was. Indien mense nie ‘n sin vir humor het nie, is dit hulle probleem.”
“Net imbesiele sal die opmerking as neerhalend beskou” het hy gesê.
Die webwerf van ‘n topverkoper Italiaanse dagblad, La Repubblica, het gesê dat Berlusconi 'n groot fout gemaak het.
“Wat Berlusconi nie besef nie, is dat sy woorde skadelik is vir die beeld van ons land in die oë van die wêreld. Om te sê dat die nuwe Amerikaanse president jonk, aantreklik en sonbruin is, sal deur die hele wêreld as offensief beskou word. Dit is gelaai met gevaarlike dubbelsinnighede,” het die redakteur gesê.
In 2002 het Berlusconi met sy eerste ontmoeting met die Deense Eerste minister, Anders Fogh Rasmussen, gesê dat Rasmussen nie net ‘n goeie kollega is nie, maar ook die mees aantreklike eerste minister in Europa.
“Hy is so aantreklik, dat ek selfs daaraan dink om hom aan my vrou voor te stel” het Berlusconi gesê.

Italië se uitgesproke premier, Silvio Berlusconi, het ‘n goeie begin gemaak deur die nuwe Amerikaanse President te komplimenteer met sy mooi "sonbruin" gelaat.