Dalk ?n Britse Obama oppad?

‘n Groeiende aantal etniese minderheidskandidate word vir die parlement verkies, wat die kanse om ‘n Britse Obama te sien verhoog, het navorsing Donderdag aangedui.

Volgens die linkse Fabian Verenigingdinktenk, kan Brittanje 10 of meer nuwe etniese minderheids-LP’s verkies met die volgende algemene verkiesing, wat nie later nie as in 2010 gehou moet word.

Dié syfer is soveel as die totale aantal nuwe minderheids-LP’s wat in die vorige vier verkiesings verkies is.

“Die kanse vir ‘n Britse Obama is nou baie beter as wat dit selfs 10 jaar terug sou wees” het Fabian se sekretarisgeneraal, Sunder Katwala gesê.

In die Arbeidersparty het mens organiese verandering met die tyd gesien, en in die Tory Party sien mens vinnige verandering vanaf lae vlak inkom” het Katwala aan AFP gesê.

Tans het Brittanje 15 nie-blanke parlementariërs, uit ‘n totaal van 646.     

комплектующие для насосов jemixДанильченко Юрий Брониславович компромат

Maak 'n opvolg-bydrae