Woordvoerder Superintendent Lesego Metsi, sê die polisie is diep bekommerd oor die toename in kredietkaartbedrogsake, veral met die naderende feesseisoen.
Hy sê onskuldige kliente van verskeie banke word deur kriminele geteiken, wat vermoedelik fisiese toegang tot hulle persoonlike bankrekenings verkry deur gebruik te maak van 'n skilapparaat.
Die klein apparaat kan die magnetiese strokie van kredietkaarte lees en stoor.
Metsi sê besonderhede van die kaarthouer word dan later gebruik om bykomende kopieë van die kaart te maak en mense se geld te steel. In sommige gevalle word die skilapparaat oor dele van die OTM geplaas om gesigte en detail van die kaarthouer te bekom.
Metsi sê die skema het aanvanklik in Februarie op Rustenburg begin en na ander dorpe in die provinsie uitgebrei. Sestien sake wat met OTM-bedrog verband hou, is reeds by die Joubertonpolisiestasie in Klerksdorp aangemeld.
Die polisie het gemeenskappe in en rondom Jouberton aangeraai om versigtig te wees as hulle OTM’s gebruik.
Kredietkaart houers regoor die provinsie moet ekstra versigtig wees wanneer hulle OTM’s in afgeleë gebiede gebruik en selfs wanneer hulle saketransaksies doen.
Metsi sê meer as 250 bedrogsake is by die polisie aangemeld en twee mense is 'n paar maande gelede op Vryburg in hegtenis geneem toe die elektroniese apparaat in hulle besit gevind is.
