Sjinese kraak Withuisnetwerk

ImageSjinese rekenaarkrakers het die Withuis se rekenaarnetwerk al verskeie kere binnegedring, en e-pos tussen regeringsamptenare in die hande gekry, het ‘n senior amptenaar aan die Financial Times gesê.

Die kuberaanvalle het vir kort tye deur die Withuis se veiligheid gebreek, wat hulle in staat gestel het om inligting te steel voordat kundiges die rekenaar sisteem weer kon beveilig.

Amerikaanse regerings-kuberkenners vermoed dat die aanvalle deur die Sjinese regering geborg word, maar kan dit nie definitief bewys nie.

Die nasionale kuberondersoektaakspan, ‘n eenheid wat in 2007 gestig is, het die aanvalle opgemerk. Die beampte  het beklemtoon dat slegs die geklassifiseerde rekenaars aangeval is, en nie die meer veilige stelsels nie.

“Vir ‘n kort tydjie het die krakers deur die muur gebreek, waarna die muur weer herstel is. Dit is nie asof hulle onbepaalde toegang tot die stelsel het nie” het die beampte gesê. “Dit is ‘n konstante kat en muis speletjie, die soort van ding.”

Amerika het hulle pogings verskerp om kubersekuriteit te verseker in die afgelope jaar, veral nadat Sjinese krakers verlede jaar die Pentagon aangeval het, in ‘n aanval waarin die minister van verdediging, Robert Gates, se bediener wat die e-pos hanteer binnegedring is.

Amerikaanse regeringskuberondersoeke het vasgestel dat ‘n aanval op Obama en McCain se verkiesingsrekenaarnetwerke ook vanuit Sjina geloods is. Besonderhede van die aanval is die eerste keer op Newsweek bekendgemaak. Die geheimediens het aan Obama en McCain meegedeel dat hulle netwerke deur buitelandse kuberkrakers binnegedring is.

Terwyl Amerika kommer oor die aanvalle uitgespreek het, glo baie buitelandse regerings dat Amerika ook aan elektroniese spioenasie skuldig is. Bob Woodward, ’n veteraanverslaggewer van die Washington Post, het hierdie jaar onthul dat Amerika op die Irakse regering gespioeneer het.         

рваные джинсы на мальчика купитьлобановский класс