Die eerste swart pous?

Image

Die Vatikaans

17:02:44 Die verkiesing van Barack Obama as die eerste swart Amerikaanse president kan die weg baan vir die verkiesing van ‘n eerste swart pous, aldus ‘n vooraanstaande swart Amerikaanse Katolieke leier.

Wilton Daniel Gregory, die 60-jarige aartsbiskop van Atlanta, het gesê dat Pous Benedict XVI in die verlede al voorgestel het dat die verkiesing van ‘n swart pous ‘n goeie teken aan die wêreld sou stuur oor die universele kerk.

Aartsbiskop Gregory, wat in 2001 die eerste swart Amerikaner geword het wat die biskoppe konferensie gelei het, en vir drie jaar die pos gehou het, het gesê dat “die verkiesing van Obama ‘n groot stap vooruit was vir die mensdom, en ‘n teken dat die probleem van rassediskriminasie in Amerika nou oorkom word.”

Soos Obama, is aartsbiskop Gregory ook van Chicago afkomstig, en was hy die vorige biskop in Illinois.

Hy het gesê dat onlangse pouse, soos John XXIII en Paul VI mense van alle nasies en rasse na Rome toe gebring het om senior posisies in die Kurie, die Vatikaanse hiërargie, op te neem. Dit het ‘n Nasionale aansig geskep van ‘n kerk wat ryk is aan diversiteit, het hy aan die Italiaanse koerant, La Stampa, gesê.

casino онлайнФільчаков прокурор