‘Wittes moet goed pak en f****f’

Beeld het berig dat ‘n swart polisie-inspekteur  van Tembisa in die Oos-Rand glo die slagoffers van ‘n gewapende roof en gepoogde kaping gevloek het met die woorde “Dit is tyd dat julle wittes julle goed pak en f****f”

Die beampte het geweier om ‘n swart verdagte te arresteer op die toneel en verder geweier dat ‘n saak geopen word nadat die slagoffers deur rowers oorval is.

Verder het hy ook verhoed dat blanke polisielede van Norchem Parkpolisiestasie die verdagte se motor deursoek, waarna hy hulle “wit honde” genoem het.

Nic Lubbe het omtrent 11 uur die aand sy dogter en kleinkinders huistoe geneem, na hulle plek in Terenure, toe ‘n grys Corsa-bakkie wat langs die pad gestaan het hom probeer verblind het deur die hoofligte aan te skakel. Daarna het die bakkie van agter af in hulle vasgery. Drie gewapende mans het van die bakkie afgespring en sy dogter, Antoenet Cronje, se handsak gegryp.

Lubbe het weggejaag en is later saam met sy vrou, Mara, en lede van die Norchem Park polisiestasie terug na die toneel.

‘n Swart inspekteur van Tembisa se padversperringstaakspan was reeds op die toneel saam met die verdagte wat die bakkie bestuur het. Die ander drie het teen daardie tyd reeds weggekom.

Op die toneel het die inspekteur die blankes almal wit honde genoem, waarna hy gedreig het dat hy sal sorg dat die blanke vrouepolisielid in ‘n rooftog geskiet sal word. Daarna hy het hy sy R5 geweer in haar gesig oorgehaal en aan die blankes vertel dat dit tyd is dat al die wittes hulle goed moet pak en die land uit f****f.

Volgens ‘n ooggetuie wat gesien het hoe die roof gebeur het, en ook klaarblyklik die inspekteur se rassistiese opmerkings gehoor het, beskerm die inspekteur die misdadigers.

Die vrou van die Corsa se bestuurder het daarna op die toneel verskyn, waar sy haar as ‘n polisie beampte voorgedoen het. Die inspekteur het daarna klaarblyklik ‘n ongeluksverslag oopgemaak.

Een van die Norchem Parkpolisielede het beweer die vrou wou hulle glo arresteer omdat hulle op die toneel ingemeng het.

Lubbe het gesê die Corsa-bestuurder se vrou het die inhoud van sy dogter se handsak geneem, en net ‘n leë handsak aan hulle teruggegee.

Op Dinsdag oggend het Lubbe toe by die Norchem Parkpolisiestasie sake van gewapende roof en poging tot kaping aanhangig gemaak. Superintendent Eugene Opperman, Gautengwoordvoerder vir die polisie het gesê dat met die oog op tugstappe, daar ondersoek gedoen word na die voorval. Polisiebestuur van Tembisa en die provinsie het hulle skok uitgespreek oor die verskriklike voorval.

Die Vryheidsfront Plus, sou vandag die swart polisie-inspekteur wat aan blankes gesê het dat hulle uit die land moet f****f, by die menseregtekommissie gaan aangee, waarna hulle ook aan die minister van veiligheid en sekuriteit sou vra om die man onmiddellik te skors.

Die optrede van die polisielid getuig van naakte rassisme en rassehaat, en dis sulke goed wat president Kgalema Motlantle se pogings om misdaad te bekamp ondermyn.

Verder is dit ook sulke insidente wat maak dat die land kennis en vaardighede verloor omdat dit mense sover dryf om te emigreer.

Sulke insidente besmet die naam van die polisiediens, het mnr. Pieter Groenewald gesê.

Insidente waar polisie weier om teen misdadigers op te tree, en ook rassisties optree teenoor blankes kom al hoe meer voor. Insidente soos die een maak net dat die publiek die polisie in ‘n toenemende wantrouige lig beskou, en bevorder misdaad.       

выбрать сварочный генератортопкарго отзывы