Motlanthe het lede van die Nasionale Raad van Provinsies op Lady Frere in die Oos-Kaap toegespreek. Hy het 'n beroep op alle verbruikers, sake-ondernemings en huishoudings gedoen om baie versigtig te wees met die gebruik van elektrisiteit. Motlanthe sê die regering moet nie oorgerus wees oor die elektrisiteitsuitdagings wat die land in die gesig staar nie.
Die regering moet nie net elektrisiteit aan die armes wat nie toegang het beskikbaar stel nie, maar ook aanhou om die aanvraag deur almal wat toegang tot elektrisiteit het, te bestuur. Hy sê die baie klein grens tussen elektristeits- vraag en aanbod, het die rantsoenering van krag genoodsaak.
Die tyd het aangebreek om 'n dapper stap voorwaarts te neem en nie agteroor te sit nie omdat daar baie werk is om te doen.

President Kgalema Motlanthe sê hierdie somer gaan 'n baie moeilike tydperk wees omdat meeste van Eskom se instandhoudingswerk dan gedoen moet word.