Amerikaanse motorvervaardigers smeek vir hulp terwyl hulppakket sloer

Detroit se drie groot motorvervaardigers soebat nou by die kongres vir 'n $25 miljard regeringsreddingsplan. Die Withuis lyk traag om te reageer op die versoek.

Lees verder: Amerikaanse motorvervaardigers smeek vir hulp terwyl hulppakket sloer

Top Amerikaanse offisier ‘verbyster’ deur Somaliese seerowers

ImageDie Saoediese tenkskip, Sirius Star, is deur seerowers oorgeneem, terwyl die skip 2 miljoen vate olie aan boord gehad het, het die Amerikaanse vloot en die skip se operateurs gesê.

Lees verder: Top Amerikaanse offisier ‘verbyster’ deur Somaliese seerowers

Kongolese rebelle beset nuwe gebied

ImageKongolese rebellemagte het Maandag gesê dat hulle nuwe gebied ingeneem het en het gedreig met meer aanvalle teen regeringsmagte terwyl 'n VN-woordvoerder gewaarsku het daarteen dat vinnige optrede van die VN-vredesmag verwag word.

Lees verder: Kongolese rebelle beset nuwe gebied

Web 2.0 gee nuwe gereedskap aan haatgroepe, s? kenners

Sosiale netwerke soos MySpace en Facebook, en YouTube word as nuwe gereedskap deur ekstremistegroepe gebruik om boodskappe van haat te versprei, het deelnemers aan 'n konferensie oor internet-haatspraak Maandag gewaarsku.

Lees verder: Web 2.0 gee nuwe gereedskap aan haatgroepe, s? kenners

Die waarheid omtrent emigrasie

Weens my eie kennis en ervaring van emigrasie, bekommer die geweldige toename in voornemende emigrante onder Afrikaners my. Emigrasie is nie vir enigeen nie. Bo en behalwe die finansiële eise, vereis dit opofferings op sielkundige en kulturele vlak waartoe meeste mense nie in staat is nie. Gerugte hier in Nieu-Seeland wil hê dat die egskeidingsyfer onder Suid-Afrikaanse immigrante 80% is. Gegewe die hoeveelheid gebroke Suid-Afrikaanse gesinne wat ek al hier teëgekom het (baie meer as in SA), sal ek verbaas wees as die statistiek nie erger is nie. Die hele proses is doodeenvoudig so stresvol dat meeste huwelike dit nie kan oorleef nie.

Lees verder: Die waarheid omtrent emigrasie

‘ANC’ reeds deel van spreektaal

07:38:28 In beginsel stem ek saam dat daar na so veel moontlik Afrikaanse woorde gesoek moet word, maar aan die ander kant het die afkorting "ANC" al so deel van die spreektaal geword, dat die skielike verandering effens vreemd op die oor val.  Ons moes dit as't ware jare gelede reeds verander het.

Lees verder: ‘ANC’ reeds deel van spreektaal

‘Steelwings’ besoek Clarens

Image

‘n Trotse Harley-eienaar

17:14:19 Dis nou al die vierde jaar dat Steelwings-klub Clarens in Novembermaand besoek het, en weereens was dit 'n uiters suksesvolle naweek gewees. Elke jaar blyk dit dat die organisasie gladder loop en die manne en dames wat die ysterperde ry kom dikwels van Donderdag af op die klein dorpie aam, om hulleself 'n naweek lank in die mooi omgewing te kom geniet.

Lees verder: ‘Steelwings’ besoek Clarens