Top Amerikaanse offisier ‘verbyster’ deur Somaliese seerowers

ImageDie Saoediese tenkskip, Sirius Star, is deur seerowers oorgeneem, terwyl die skip 2 miljoen vate olie aan boord gehad het, het die Amerikaanse vloot en die skip se operateurs gesê.

Die skip, 'n baie groot ru-oliedraer, is die grootste nog wat oorgeneem is in 'n gebied waar seerowery baie voorkom, en was Sondag geskaak terwyl dit 450 myl oos van Kenia was.

Die maatskappy het gesê die tenkskip was teen volle kapasiteit gelaai met 2 miljoen vate olie, ter waarde van $100 miljoen.

Die skaking van die Sirius Star, was die verste uit nog wat Somaliese seerowers opgetree het, volgens die Amerikaanse vloot.

Admiraal Michael Mullen, het gesê dat hy verbaas is oor die reikafstand van die Somaliese seerowers.

"Ek is verbaas oor die reikafstand van die seerowers, minder as wat ek is deur die grootte van die teiken," het Mullen gesê.

Die seerowers is "baie goed met wat hulle doen. En hulle is baie goed bewapen."

Die Internasionale Maritieme Buro het gesê dat ten minste 83 skepe vanaf Januarie rondom Somalië aangeval is, waarvan 33 geskaak is. Van die 33 skepe is 12 vaartuie en 200 bemanningslede steeds in die hande van die seerowers.

Seerowers is baie goed georganiseer in die gebied waar Somalië se noordoostelike punt in die Indiese oseaan uitstrek, waar hulle 'n sleutelroete wat na die Zeuskanaal lei terroriseer. Sowat 30 % van die wêreld se olie word deur die roete vervoer.

027уОлександр Васильович Фільчаков

Maak 'n opvolg-bydrae