Meer as 1000 gearresteer in Sebokeng

Die afgelope naweek is meer as 1000 mense in Sebokeng gearresteer, het  die polisie gesê.

Groepsbevelvoerder, direkteur Michael Motlhala het gesê die 1405 arrestasies was vir misdade wat wissel van verkragting, gewapende roof, huisbraak, moord en aanranding.

Ander misdade het ingesluit die besit van ongelisensieerde vuurwapens, besit van dagga, opsetlike saakbeskadiging  en dronkbestuur.

Motlhala het gesê die arrestasies was deel van 'n misdaadvoorkomingsveldtog wat onderneem is ter voorbereiding van die feesgety.

светильники дляДанильченео

Maak 'n opvolg-bydrae