Amerikaanse motorvervaardigers smeek vir hulp terwyl hulppakket sloer

Detroit se drie groot motorvervaardigers soebat nou by die kongres vir 'n $25 miljard regeringsreddingsplan. Die Withuis lyk traag om te reageer op die versoek.

Demokratiese kongresleiers wil die $700 miljard Wallstraatreddingsfonds tap om die motorvervaardigers mee te help, maar die Withuis en Republikeinse leiers het gesê dat die industrie nie enige nuwe fondse moet kry nie.

President George W. Bush en Republikeinse amptenare het voorgestel dat die $25 miljard pakket wat in September deur die kongres goedgekeur is, eerder aangewend moet word om vervaardigers te help om fabrieke se toerusting te verander sodat hulle kleiner, meer ekonomiese voertuie kan vervaardig, om die vervaardigers se huidige ekonomiese probleme te verlig.

Voertuigvervaardigers se uitvoerende beamptes, wat gesteun word deur Demokratiese leiers, dring daarop aan dat hulle nog 'n $25 miljard hulplening benodig om die ineenstorting van een of meer van die maatskappye voor die einde van die jaar te voorkom. Dit sal die regeringshulp aan die bedryf op $50 miljard te staan bring vir die jaar.

Die debat het ontstaan nadat die finansiële situasie vir General Motorsgroep en Chrysler meer desperaat geword het. General Motors het gesê dat hulle teen die einde van die jaar uit kapitaal kan raak sonder regeringshulp.

Kritici beweer dat die motorindustrie se besigheidspraktyke, insluitend groot salarisse en byvoordelepakkette vir werkers, onvolhoubare koste situasies geskep het vir die wankelende maatskappye wat net deur bankrotskap opgelos kan word.  

086 справкаАлександр Фильчаков

Maak 'n opvolg-bydrae