Gordon Brown, die Britse Eerste minister het Vrydag aan die New Yorkse raad vir Buitelandse verhoudinge gese dat Sjina soldate kon stuur omdat daar globale konsensus was dat Afghanistan die voorfront van die stryd teen terrorisme.
"Ek dink ons moet, ons moet daarna kyk as 'n moontlikheid vir die toekoms" het Brown gesê in antwoord op 'n vraag uit die gehoor aangaande die moontlikheid van Sjinese ontplooiing.
In 'n verklaring wat Dinsdag op die Sjinese minster van buitelandse sake gesien is, het woordvoerder Qin Gang gesê dat daar geen verandering was in Beijing se benadering oor Afghanistan nie, of sy beleid omtrent die stuur van soldate na die voorste linies onder die beheer van VN sekuriteitsraad se mandaat nie.

Sjina het Dinsdag aangekondig dat hulle nie soldate na Afghanistan sal stuur nie, en het daarmee die onlangse spekulasie beëindig dat Beijing die internasionale koalisie daar sal ondersteun.