Min plaas hul hoop op Bafana Bafana

Die meeste Suid-Afrikaners glo die land is gereed om die 2010 Wêreldbekersokkertoernooi aan te bied, maar nie baie is optimisties oor die nasionale sokkerspan se vermoë om sukses te behaal nie.

Ongeveer 69% voel positief dat die land gereed is om die toernooi aan te bied volgens navorsing wat deur African Response onderneem is. Net 38% dink egter dat Bafana Bafana enige kans staan omdat hulle so swak gevaar het onlangs. Veral ook omdat die span nie kon kwalifiseer vir die 2010 Afrikabeker van Nasies nie.

Sedert Maart 2006 hou African Response  al meningspeilings waarin 1200 Suid-Afrikaners gevra is wat hulle van die toernooi weet en dink. Die jongste data vir November 2008 wat Dinsdag vrygestel is, strek van April 2008 tot Junie 2008.

Van die respondente dink 76% dat die beker vir hulle persoonlik belangrik is. Mense in die laerinkomstegroepe heg besondere groot waarde aan die gebeurtenis. Van diegene wat R5000 per maand verdien, meen 85% dat dit vir hulle persoonlik van belang is.

Die maatskappywoordvoerder dink dat sulke mense waarskynlik glo dat hulle ekonomies kan baat uit die toernooi. Jonger mense is ook meer positief daaroor en byna 80% dink dis vir hulle belangrik, terwyl net ongeveer 60% van mense oor die ouderdom van 50 dieselfde dink.
  
Alhoewel meer as tweederdes van mense glo dat restaurante, telekommunikasie, stadions en lughawens gereed sal wees, dink hulle nietemin dat vervoer, veiligheid en kragvoorsiening probleme gaan gee.

как построить сауну домаФильчаков

Maak 'n opvolg-bydrae