Volgens onbevestigde gerugte is soveel as 30 mense reeds in die omtrek van Musina, Limpopo, aan cholera dood. Dié siekte het nou die Zimbabwiese grens oorgesteek waar dit uitgebreek en verprei het.
Mnr. Phuti Seloba, woordvoerder van die provinsiale departement van gesondheid van Limpopo, het aan Beeld bevestig dat 19 mense oorlede is. Hulle is glo besig om toetse op die drinkwater in die gebied uit te voer om vas te stel hoe ernstig die uitbraak is.
Zimbabwiese ambulanse het cholera-pasiënte oor die grens vervoer, omdat die hospitale se krag is glo afgeskakel is in die buurland. Volgens Beeld bars Musina-hospitaal uit sy nate en siekes lê in die gange waar hulle wag vir behandeling. ’n Hospitaalbeampte het gesê hulle het opdrag ontvang om nie meer die pasiënte op te neem nie.
Die skouterrein waar die Zimbabwiese vlugtelinge bly, is van 'n stank omgewe wat volgens inwoners onuithoudbaar is. Daar geen sanitasiegeriewe of lopende water nie.
Volgens die Franse hulporganisasie, Dokters sonder gtrense, is 1,4 miljoen mense in Zimbabwe tans blootgestel aan die risiko van cholera. Die siekte is endemies op die platteland van daardie land maar weens die verval van die infrastruktuur in die stede, is die drinkwater nie meer veilig nie.
купить инверторный сварочный аппаратданильченко юрій броніславович