‘Bose blanke jeugdiges is gevaarlik’

Baie Afrikanerjeugdiges is kwaad en het baie vaste sienings omtrent swartmense, het professor Jonathan Jansen Donderdag gesê.


Jansen, wat by die 5de jaarlikse Biskop Hans Brenninkmeijergedenkpraatjie in Johannesburg opgetree het, het gesê die Afrikanerjeug het geen direkte ondervinding van apartheid nie en is gebore rondom die tyd wat voormalige president Nelson Mandela uit die tronk vrygelaat is.

"Hulle, (die Afrikanerjeug) dra in hulle die saad van bitter kennis wat indien dit nie aangespreek word nie baie maklik kan ontkiem in veragtelike, gewelddadige rasseaanvalle."

Hy het die Waterkloof -vier, die Reitz-video en die Skierlikskietvoorval as voorbeelde aangehaal.

"Die Afrikanerjeugdiges se kennis is oorgedra deur die familie, die kerk, die skole, kulturele verenigings en ouderdomsgroepe," het hy gesê.

Daardie agentskappe dra gevaarlike boodskappe oor in al die blanke kringe, ten spyte van wonderlike veranderinge in die formele instellings van demokrasie.

Jansen het gesê dat dít waarin die Afrikanerjeug glo en hoe hulle optree 'n spieëlbeeld is van dít waarin hulle ouers glo. Hulle ouers het geglo in en voordeel getrek uit wit oorheersing in die dekades voordat hulle kinders gebore was.

Die dreigende sosiale verval wat rondom blankes plaasvind, het gemaak dat hulle rasse-eksklusiwiteit (ons behoort aan onsself), rasseoorheersing (ons is beter as swartmense), en rasseviktimisasie (ons is die teikens van swartmense) versterk, het Jansen gesê.

"In die verwysingsraamwerk van die blanke jeug word die sosiale gebeure deur 'n enkele lens beskou: swart onbevoegdheid, swart barbarisme, swart gierigheid en swart vergelding," het Jansen bygevoeg.

In 'n poging om die woede te verstaan, sê Jansen, het hy in die lewens van blanke Afrikaners gelewe. Sy bevindings is dat dit moeilik is om hulle (blanke Afrikaners) se sieninge van ander mense te verander.

Hy het gesê dat vir transformasie om suksesvol te wees, Suid-Afrikaners aan beide kante van die kleurlyn (wit en swart) bereid moet wees om na mekaar toe te beweeg.

Hy het gesê dat blankes uit hulle "gemaksone" moet beweeg en dat hulle hul medemens moet verwelkom, en nie net verdra nie indien hulle in die nuwe Suid-Afrika sukses wil behaal.

"Blanke vaders word gesien as die groot hekwagte teen rasse-integrasie in hulle huise. Ons moet bymekaarkom en dit uitwerk vir ons onthalwe en vir die toekoms," het Jansen gesê.

In sy toespraak het Jansen gesê dat baie blanke Suid-Afrikaners die onlangse xenofobiese aanvalle, die stygings in die pryse van voedsel en brandstof, asook rentekoersstygings as "swart" probleme beskou.

"Met ander woorde, die uitslag van die gesprekke dui op 'n las wat deur die witman gedra moet word," het Jansen gesê.

Rondom die "wankelrige demokrasie" het Jansen die ANC-jeugliga se boewe geblameer vir hulle "ons sal moor vir Zuma"-uitlatings.

Die toestand van die openbare instellings, die Menseregtekommissie, die Presidensie, die SAUK en die regstelsel is alles rooi vlae wat dui op die wankelrige toestand van die demokrasie.   

paralumeлобановский александр жена

Maak 'n opvolg-bydrae