'n Dag na Generaal Laurent Nkunda gesê het dat hy vredesonderhandelinge wil aanknoop, het sy woordvoerder gesê dat die rebelle die Kongolese regeringsmagte in 'n onlangse aanval teruggedryf het, en dat die rebelle nou die gebied rondom die dorp Rwindi beheer.
Hy het bygevoeg dat regeringsmagte Sondag teruggedryf is tot teen die meredistrik, sowat 15 kilometer noordoos van Rwindi, maar het bygevoeg dat daar Maandag geen nuwe gevegte was nie.
"Die regeringsmagte sit vas by Vitshumbi, en het geen ander keuse as om oor die meer of deur die woud te vlug nie" het Bisimba gesê.
"Ons gaan na Vitshumbi en die regeringsmagte stilmaak. Ons sal 'n skietstaking op hulle afdwing"
Soldate van 'n VN-vredesmag was Sondag vasgevang tussen Nkunda se soldate en die regeringsmagte in die omgewing rondom Rwindi, sowat 100 kilometer noord van Goma.

Kongolese rebellemagte het Maandag gesê dat hulle nuwe gebied ingeneem het en het gedreig met meer aanvalle teen regeringsmagte terwyl 'n VN-woordvoerder gewaarsku het daarteen dat vinnige optrede van die VN-vredesmag verwag word.