Motoriste moes hulle reis met ’n ompad voortsit. Sedert gisteroggend vroeg het polisiebeamptes van De Doorns, Touwsrivier, Worcester en die stabiliseringseenheid van die Paarl gespook om die skare oproeriges onder bedwang te bring.
’n Polisiehelikopter is later ingespan en die polisie het rubberkoeëls gebruik teen die inwoners.
Smeulende buitebande en honderde klippe het die N1 sowat 2 km anderkant De Doorns in die rigting van Beaufort-Wes besaai.
Volgens ’n provinsiale polisiewoordvoerder, is kragprobleme, toilette en 'n gebrek aan huise in die lokasie die rede vir die oproer. Die polisieis steeds op die toneel.
