Web 2.0 gee nuwe gereedskap aan haatgroepe, s? kenners

Sosiale netwerke soos MySpace en Facebook, en YouTube word as nuwe gereedskap deur ekstremistegroepe gebruik om boodskappe van haat te versprei, het deelnemers aan 'n konferensie oor internet-haatspraak Maandag gewaarsku.

"MySpace, Facebook en YouTube is die beste toepassings op die internet deesdae, en dit word deur miljoene gebruik, maar die 'haatvirus' het daardie tegnologieë ook reeds besmet" het Christopher Wolf, voorsitter van die Internasionale Netwerk teen Kuberhaat (INK) aan die globale kongres oor internet haatspraak gesê.

"Die internet word steeds gebruik deur mense wat haat in sy vele vorme aanhang, anti-Semitiste, ontkenners van holocaust, rassiste, haat teen homoseksualiteit en terrorisme" het Wolf gesê op die openingsdag van die tweedae vergadering wat deur die Franse ambassade gehou word.

"Die internetgereedskapskas wat beskikbaar is vir haatverspreiders het 'n paar nuwe goed wat oor die laaste paar jare bygesit is" het Wolf gesê, met verwysing na Web 2.0 se eienskappe soos blokfunksies, sosiale-netwerke, videowerwe en kitskletsfasiliteite.

Brian Marcus, 'n analis vir die Amerikaanse departement van binnelandse sekuriteit wat fokus op binnelandse terrorisme en ekstremisme het gesê "ekstremiste en terroriste is net soos enige ander gebruiker van elektroniese media."

"Hulle pas baie vinnig aan by die nuwe tegnologie" het hy gesê, en gewaarsku dat die ontluikende media skaal, spoed en grootte gee. "Dit gee 'n nuwe dimensie aan terrorisme en ekstremisme wat ons nog nooit in die verlede gesien het nie."     

free bet onlineАлександр Фильчаков Васильевич

Maak 'n opvolg-bydrae