Wat het die geskiedenis ons te leer?

Wel, nou het ons dit. Ons president na die volgende verkiesing gaan Zuma, 'n Zoeloe, wees. Hy is vrygespreek op tegniese foute alleenlik, deur die NVG begaan, foute wat toevallig tot sy guns uitgespeel het.  Daar is nog nie in ‘n hof bepaal of hy korrup is al dan nie. Die feit dat hy so hard gepoog het om te keer dat verdoemende dokumentasie  in ‘n hof opteken word, sal altyd ‘n vraagteken bly.

Lees verder: Wat het die geskiedenis ons te leer?

Indi?rman doodgeskiet naby William Nicol-afrit op N1

08:20:42 'n 32-jarige Indiërman is gisteroggend op die N1-snelweg naby die William Nicol-afrit deur vier klipkapers doodgeskiet.

Lees verder: Indi?rman doodgeskiet naby William Nicol-afrit op N1

Popcru eis kop van Gauteng-polisiekommissaris

17:46:05 Lede van die Polisie- en prisoniersburgerregte-unie (Popcru) het geëis dat Gauteng se polisiekommissaris Perumal Naidoo afgedank word. Popcru het Donderdag 'n protesoptog in Johannesburg gehou.

Lees verder: Popcru eis kop van Gauteng-polisiekommissaris

VF Plus begin ruggraat wys

16:42:29 Vandag se voorval waarin twee munisipale raadslede van die Vryheidsfront Plus uitgejaag is, gee blyke van 'n welkome aanvallende houding aan die kant van die Vryheidsfront Plus. Die DA se houding, daarenteen, verdien kritiek omdat dié party in die Groter Pretoriaraad (ons weier om die aaklige T-woord te sê) blykbaar wil hê dat die twee jong raadslede, Conrad Beyers en Cornelius Janse van Rensburg, dissiplinêr verhoor moet word omdat hulle dit gewaag het om ANC-lede en veral die helde wat hulle vereer "terroriste" te noem.

Lees verder: VF Plus begin ruggraat wys

2 miljoen vals Indiese pille vir Afrika

ImageDoeanebeamptes by die Brusselse lughawe het meer as 2 miljoen vervalste tablette en pille gekonfiskeer wat van Indië af na Afrika onderweg was. Dit was die grootste besending medisyne ooit van dié aard, het beamptes gesê.

Lees verder: 2 miljoen vals Indiese pille vir Afrika

Mantashe s? Mbeki-faksie wou markte knou

Gwede Mantashe het Donderdag gesê die Presidensie se aankondiging dat Trevor Manuel bedank het saam met ander kabinetslede, is met opset gedoen om die finansiële markte te knou. Hy sê selfs die lys ministers is uitgereik met die doel om die markte te laat tuimel. Met hulle vinnige optrede om 'n krisis te verhoed is almal die ergste uitkoms egter gespaar.

Lees verder: Mantashe s? Mbeki-faksie wou markte knou

VF Plus-raadslede uitgejaag

15:48:44 Die Vryheidsfront Plus het gesê dat die uitjaag van twee VF Plus-raadslede uit die raadsvergadering van die Tshwane-metroraad, nadat

Image

Conrad Beyers

hulle ernstige kapsie gemaak het teen die verandering van 27 historiese straatname in Pretoria, dui op onverdraagsaamheid deur die ANC sodra ware opposisie teen hulle vergrype gebied word.

Lees verder: VF Plus-raadslede uitgejaag