Uitspraak in die tugverhoor van die kardioloog dr. Wouter Basson, 63, sal na verwagting vandag gelewer word. Die tugsaak duur reeds ses jaar. Basson word deur die Raad op Gesondheidsberoepe aangekla van onetiese gedrag wat verband hou met sy werk aan Projek “Coast”, ‘n geheime navorsingsprojek oor chemiese wapens onder die NP-bewind. Basson is in 2002
Vermeende Bloubul-moordenaar het slagoffers onthoof
Die verhoor van die voormalige Blou Bul-flank, Phindile Joseph Ntshongwana, wat onder meer teregstaan op klagtes van moord en verkragting, word vandag in die Durban Hooggeregshof voortgesit. Die hof het tydens die vorige sitting opdrag gegee dat die KwaZulu-Natal wetsgenootskap die gedrag van die regsverteenwoordiger van die verdediging, Themba Mjoli ondersoek omdat hy nie by
Lees verder: Vermeende Bloubul-moordenaar het slagoffers onthoof
Swede wil prostitute se kliënte ook laat opsluit
Swede se konserwatiewe eerste minister het Maandag gesê hy wil toesien dat die volle omvang van die wet op prostitute se kliënte toegepas word, sodat hulle nie net beboet word nie, maar ook in die tronk gegooi word. “Dit is tyd dat ons duidelik raak met die wetgewing wat tronkstraf betref en dat ons nie
Lees verder: Swede wil prostitute se kliënte ook laat opsluit
Polisie ondersoek dood van paartjie in Noord-Kaapse motorongeluk
Die Kimberleyse polisie ondersoek ‘n saak van strafbare manslag ná ‘n ongeluk wat ongeveer 20 km buite Kimberley op die Barkley-Wes-pad plaasgevind het. Die manlike bestuurder (27) en sy vroulike passasier was blykbaar in die rigting van Barkly-Wes onderweg na Kimberley in ‘n wit Audi A3. Na bewering het die bestuurder omstreeks 00:20 op Maandag
Lees verder: Polisie ondersoek dood van paartjie in Noord-Kaapse motorongeluk
SAKP: Cosatu wou Vavi as adjunk-president hê
Die Suid-Afrikaanse Kommuniste Party het weereens ‘n aanval op die leierskap van die metaalwerkersvakbond, Numsa geloods, het RSG berig. Die SAKP het ‘n beroep op afgevaardigdes gedoen om nie toe te laat dat die vakbond misbruik word om die persoonlike ambisies van die hoofsekretaris, Irvin Jim te bevorder nie. Numsa begin vandag met ‘n spesiale
Mandela-twis woed voort
Enkele dae voor Nelson Mandela se begrafnis het die familietwis weer vlamgevat en Mandela se erfgenaam, Mandla Mandela is uit die gesin se woning in Qunu, Oos-Kaap gejaag. Die stel slotte is verander by Nelson Mandela se Toskaanse-styl huis kort ná sy oudste dogter, Makaziwe Mandela, 59, Donderdag aangekom het. Pogings deur Mandela se weduwee,
Kommentaar voortaan net vir betalende lede
Tot dusver het praag deur middel van die Disqus-kommentaarafdeling by artikels ‘n ruimte probeer bied vir lesers om op intelligente en beredeneerde wyse kommentaar te lewer en kwessies te debatteer. Ongelukkig is ons kommentaarafdeling toenemend misbruik deur buitestaanders wat daarop uit is om onmin te saai, lasterlike bewerings te maak, te vloek en te skel,
Amok by Zim-bank toe geld opraak
Zimbabwiërs het amok gemaak by ‘n handelsbank in Harare nadat die bank se geld opgeraak het, het RSG berig. Geen onttrekkings kon gedoen word nie en mense het deure en vensters gebreek uit frustrasie. Die tekort aan kontant in die land is besig om te vererger en mense het gewelddadig geraak toe amptenare van Allied
ANC ontken twaktolk se aanstelling
Die ANC het ontken dat hulle betrokke is met die aanstelling van ‘n sogenaamde gebare-tolk tydens die gedenkdiens vir oud-president Nelson Mandela. Jackson Mthembu, die ANC-woordvoerder, se verklaring kom ten spyte van berigte dat ANC-werknemers die maatskappy besit. Die “tolk” Thami Jantjie, het sy eie weergawe van gebare vir hoogwaardigheidsbekleërs opgemaak en internasionaal opspraak gemaak.
Familie glo genader om Hertzog se beeld te verwyder
Die verwydering van Barry Hertzog se standbeeld is gedoen na deeglike konsultasie, het president Jacob Zuma ná die onthulling van ‘n nuwe Mandela-standbeeld gesê. Die beeld van die voormalige Eerste Minister James Barry Hertzog is verskuif na ‘n nuwe plek en vervang met ‘n reuse bronsbeeld van Nelson Mandela voor die Uniegebou in Pretoria. Die
Lees verder: Familie glo genader om Hertzog se beeld te verwyder
