Bokkie het reeds bykans drieduisend kilometer geswem! Die sub-antarktiese rob wat Bokkie gedoop is, is ‘n maand gelede naby Port Elizabeth in die see vrygelaat. Bokkie is een van twee sub-antarktiese pelsrobbe wat by Bayworld gerehabiliteer is nadat hulle op Oos-Kaapse strande uitgespoel het. Sy is toegerus met ‘n satellietskyfie om haar roete te monitor.
Tukkie-verkragter kry 65 jaar gevangenisstraf
‘Die barbaarsheid waartoe hy oorgegaan het, hoort nie eers tot die spesie “mens” nie.’ – Advokaat Sanet Jacobson
‘Die barbaarsheid waartoe hy oorgegaan het, hoort nie eers tot die spesie “mens” nie.’ – Advokaat Sanet Jacobson
Kabeldiefstal kos SA R5 miljard jaarliks
Kabeldiefstal kos Suid-Afrika jaarliks meer as vyf-miljard rand. Dit is by `n seminaar in Johannesburg oor kabeldiefstal bekend gemaak, het RSG berig. ‘n Senior navorser by die Instituut vir Sekerheidstudies, Dr. Johan Burger, sê die diefstal plaas `n groot las op sake ondernemings. Baie gemeenskappe het ook kragonderbrekings weens die vandalisme beleef. Dr. Burger sê
Ramaphosa ontmoet Boere-Afrikaner Volksraad by Uniegebou
Adjunkpresident Cyril Ramaphosa het met verteenwoordigers van die Boere-Afrikaner Volksraad by die Uniegebou in Pretoria samesprekings gevoer. ‘n ANC-woordvoerder, Ronnie Mamoepa, sê die vergadering het aan die Volksraad ‘n geleentheid gebied om Ramaphosa oor hulle kommer oor selfbeskikking in te lig. Mamoepa sê die adjunkpresident het opnuut die belangrikheid van die Handves van Menseregte in
Lees verder: Ramaphosa ontmoet Boere-Afrikaner Volksraad by Uniegebou
Absa sal glo aardbewingseise uitbetaal
Absa sê hy sal wel eise dek vir skade wat deur die onlangse aardbewing in Noordwes aangerig is, het RSG berig ‘n Woordvoerder, Dante Mashile, sê Absa se Huiseienaarspolis dek skade wat deur mynverwante aardbewings veroorsaak word. Die bank sê hy het talle eise ontvang wat verband hou met die voorval op 5 Augustus vanjaar
Moody’s en Fitch verskil oor Naspers-gradering
Moody’s het Naspers se kredietgradering op Baa3 gehou en sy vooruitsigte as “stabiel” beskryf. Naspers besit Media24, wat 50% van die aandele in Namibia Media Holdings (NMH) besit. NMH is die moedermaatskappy van Republikein, Namibian Sun, Allgemeine Zeitung en Newsprint Namibia. Die oorblywende aandele in NMH word deur die Namibiese maatskappy Stimulus Investments Ltd besit.
Pretoria gaan Mao dalk vereer in straatnaam
Mao Zedong kan dalk eersdaags as met ‘n straatnaam in Pretoria vereer word. By Donderdag se maandelikse raadsvergadering is besluit die Chinese rewolusionêre leier se naam verdien ‘n ereplek op die Tshwane-metroraad se naambasis. Lucas Ngobeni, ANC-raadslid sê “Mao Zedong se ideologieë het die ANC gehelp om sy verdrukkers te verslaan. Hy is ’n ikoon
Sjokeladekoning van Kiëf pleit vir vrede
Oekraïne se sjokeladekoning, die oligarg pres. Petro Poroshenko, het ná laatnag onderhandelinge met Rusland se president, Vladimir Poetin, onderneem om hard te werk ten einde ’n dringende skietstilstandooreenkoms te reël. Die selfverdedigingsgroepe in Oos-Oekraïene het die weermag van die junta in Kiëf swaar verliese laat ly, wat die president genoop het om te onderhandel. Dié
FBI beskuldig Russiese kuberkrakers van aanval op JP Morgan Chase
Die FBI beskuldig Russiese kuberkrakers van die aanval op die rekenaarstelsels van JP Morgan Chase, het Bloomberg berig. ‘n Rekenaarvirus, gedeeltelik in Russies geskryf, het glo data van 70 miljoen Amerikaanse kliënte gesteel. Volgens die verslag, het JP Morgan Chase en ten minste vier ander Amerikaanse banke ‘n kuber-aanval moes trotseer. Die aanval het gelei
Lees verder: FBI beskuldig Russiese kuberkrakers van aanval op JP Morgan Chase
Minstens 300 Amerikaners veg vir ISIS
Die Verenigde State regering is bewus van soveel as 300 Amerikaners wat vermoedelik aan die kant van die Islamitiese Kalifaat veg, die jihadistiese groep met ‘n groot teenwoordigheid in dele van Sirië en Irak, het senior Amerikaanse amptenare gesê. Washington het intussen hul kommer uitgespreek oor “Russe” of “mans in groen” uit Rusland wat in
