Die afrigter van die Vodacom Blou Bulle Frans Ludeke het heelparty van sy groot kanonne insluitende Derick Kuün, Werner Kruger en Wilhelm Steenkamp vir Saterdag se wedstryd in Johannesburg teen die Leeus nadergetrek.
Die afrigter van die Vodacom Blou Bulle Frans Ludeke het heelparty van sy groot kanonne insluitende Derick Kuün, Werner Kruger en Wilhelm Steenkamp vir Saterdag se wedstryd in Johannesburg teen die Leeus nadergetrek.
President Barack Obama gaan volgens die Britse Guardian 'n aankondiging doen oor die vredesonderhandelinge wat tot stilstand gekom het tussen Israel en die Palestyne. Volgens 'n nuwe ooreenkoms het Israel blykbaar ingestem om die uitbou van Joodse nedersettings te staak in ruil vir strenger Amerikaanse sanksies teen Iran. Obama wil die aankondiging teen die einde
Lede van die polisie het rubberkoeëls en traangas op ‘n groep van 1 000 soldate gevuur nadat hulle by die Uniegebou probeer inbreek het. Die departement van verdediging het Woensdag gesê die polisie het met die “nodige geweld” opgetree toe ‘n groep betogers oor ‘n heining buite die gebou probeer klim het. Die betogers is
Die Zimbawiese minister van verdediging Emmerson Mnangagwa kon Woensdag nie bevestig of ontken dat president Robert Mugabe vir mediese sorg in Dubai is nie. "Ons lees dit in die koerante," het hy gesê nadat Suid-Afrikaanse mediaberigte verskyn het waarin beweer word dat Mugabe ongesteld is. "Sover ek weet, is hy gesond, tensy dit 'n kleine
Alhoewel min mense van haar prestasies bewus is, het Afrikaners ook ons eie verteenwoordiger in die gewigstoot vir dames by die Berlynse IAAF-kampioenskappe gehad.
Die aantal oorsese vakansiegangers wat Suid-Afrika besoek – besoekers vanuit Afrika uitgesluit – het met 40 persent afgeneem, berig Sake24.
'n Eis om vergoeding vir wapens wat onder die wet op vuurwapenbeheer ingehandig is, gaan aanstaande week in die Kaapse Hoë Hof beredeneer word, het die Geregtigheidsalliansie van Suid-Afrika gister gesê.
Die presidensiële vliegtuig gaan dalk eersdaags deur 'n werklose swart man uit Orange Farm gevlieg word. Hierdie moontlikheid word sterk in ANC-kringe oorweeg en die aanstelling van 'n swartman uit die Orange Farm-plakkerskamp, Samuel Ramogothi, as presidensiële vlieënier, is al in 'n gevorderde stadium.
Nic Dawes, redakteur van die Mail & Guardian, het aan die Kaapse Persklub gesê die koerantbedryf sal nie doodgaan nie want mense het inligting nodig. Sy koerant het reeds net een nuuskantoor, waar die papier- sowel as elektroniese uitgawes voorberei word. Dawes het die BBC se webtuiste uitgesonder as een van die bestes. Die resessie
Die manier waarop Angela Merkel die Duitse onderneming Opel gered het en terselfdertyd voorkom het dat die reddende kapitaal na General Motors VSA toe vloei, toon ondubbelsinnig dat die VSA geensins in staat is om voorwaardes af te dwing nie. Dit geld ook vir die wyse waarop Fiat belang in Chrysler bekom het. Sulke gebeurtenisse