praag.co.za

Merkel en Obama se eierdansie

Die manier waarop Angela Merkel die Duitse onderneming Opel gered het en terselfdertyd voorkom het dat die reddende kapitaal na General Motors VSA toe vloei, toon ondubbelsinnig dat die VSA geensins in staat is om voorwaardes af te dwing nie. Dit geld ook vir die wyse waarop Fiat belang in Chrysler bekom het. Sulke gebeurtenisse is 'n openlike vernedering vir die VSA dat hy nou by onder meer Europa moet aanklop. 

Sarkozy het verlede jaar openlik die Amerikaans-Britse beleid ondersteun om op uitermate groot skaal banknote te druk en te versprei teneinde koopkrag te skep. Hy is daarin deur Duitsland en Italië gestuit, maar Sarkozy is stellig die beste moontlikheid om verdeeldheid in die Europese Unie te veroorsaak noudat Brittanje verder ineenstort en minstens voorlopig van geen belang is nie.

In haar Nuwejaarsboodskap op 31 Desember 2008 het Bondskanselier Merkel die VSA en Brittanje se beleid om met groot bedrae papiergeld die krisis te wil besleg, onomwonde verwerp. Sy het haar die gramskap van die nootbankhoofde Bernanke (Federale Reserweraad van die VSA) en Trichet (Europese Sentrale Bank) op die hals gehaal met 'n skerp teregwysing dat hulle nie met groot nootuitgifte die finansiële beleid van die lidlande van die Europese Unie (EU) moet ondermyn nie.

Die hoofde het teruggekap en aangevoer dat hulle op hulle ingeslane weg sal volhard. Trichet is 'n Fransman en dit kan Obama se doel versterk om die verhouding tussen Duitsland en Frankryk, die toonaangewende EU-lande, te vertroebel.

Die ekonomiese krisis kring duidelik na die staatkundig-politieke gebied uit. Brittanje is reeds buite die gevegsterrein geplaas. Ook die VSA ervaar 'n swak en verswakkende toestand omdat hy verplig is om 'n bedelhand na buite uit te hou in sy pogings om General Motors en Chrysler en ander groot finansiële instellings te probeer red.

Die VSA het die Britse hegemonie met en tydens die Tweede Wêreldoorlog nie net staatkundig beëindig nie, maar ook Sterling se oorheersende rol vernietig. Dit is merkwaardig dat juis Duitsland en Italië, die oorwonnenes van die Tweede Wêreldoorlog, nou die toon vir die VSA aangee.

Uittreksel uit EUROPA EN DIE VSA deur Dr PE vd Dussen  

 

 

 

костюмы для мальчиков в детский сад купитьДанильченко Юрий прокурор

Comments

Leave a Reply