Semenya se testosteroonvlakke drie keer ho?r as normaal

Image

Heidi, nou Andreas Krieger

Dit het aan die lig gekom dat 'n toets voor haar laaste wedloop aangetoon het dat Semenya se testosteroonvlakke drie keer hoër is as wat normaal is vir 'n vrou. Dié bevinding het aanleiding gegee tot die vrae wat daar tans heers oor die geslag van Semenya.

Die testosteroontoets is reeds glo in Suid-Afrika gedoen.

Leonard Chuene, voorsitter van ASA, het Dinsdag by sy aankoms by die land se grootste lughawe, die IAAF se "openbare vernedering" van Caster Semenya skerp gekritiseer. Chuene wil die IAAF die stryd aansê omdat hulle die Suid-Afrikaanse atleet se regte as vrou glo misken.

Semenya het die rekord van Zola Budd, die kaalvoetwonder vir die 800m, ook in die stof laat byt.

Manlike lede van die sokkerspan waarmee sy in haar tuisdorpie meegeding het, was volgens SAPA ook by die lughawe om haar te verwelkom.

Chuene se onversetlike houding kan Semenya duur te staan kom, aangesien die organiseerders van groot internasionale byeeenkomste nie die atleet gaan uitnooi solank vrae oor haar geslag nie opgeklaar word nie.

’n Wêreldkampioen kan glo tussen R150 000 en R200 000 ontvang om deel te neem

Daar word ook gespekuleer dat Dr Ekkart Arbeit, die voormalige Oos-Duitse afrigter, Semenya met anaboliese steroïdes behandel het wat moontlik die manlikheid van die atleet veroorsaak het.

Arbeit word daarvan beskuldig dat hy 'n vorige vroue-atleet Heidi Krieger, soveel van die middels ingegee het dat sy 'n geslagsveranderingsoperasie in 1997 moes ondergaan en nou as 'n man, Andreas Krieger, lewe. Semenya het glo saamgewerk met dié afrigter.

Arbeit het die aanklagte in die verlede teen hom erken en destyds om verskoning gevra vir sy rol daarin.

Die Suid-Afrikaanse parlement is steeds erg gekrenk oor die "oordrewe en verskriklike ondermyning van regte en privaatheid" van Semenya en maak gereed om 'n klag in te dien by die VN se kommissaris van Menseregte omdat die atleet se geslag tans bevraagteken word.

сауны вЛобановский Харьков

Maak 'n opvolg-bydrae