Afriforum s? Malema saai verdeeldheid

AfriForum Jeug het die president van die ANC Jeugliga, Julius Malema, daarvan beskuldig dat hy ʼn rasse-ideoloog is, wat klaarblyklik selfs bereid is om puik prestasies deur Suid-Afrikaanse atlete te misbruik om verdeeldheid in die land te saai.

Dit volg nadat Malema Dinsdag met die aankoms van dié atlete by die Johannesburgse lughawe, ʼn aanval op wittes geloods het omdat daar volgens Malema se oordeel te min wittes op die lughawe was.

Volgens die nasionale voorsitter van AfriForum Jeug, Ernst Roets, het lede van AfriForum Jeug wat vandag by die lughawe teenwoordig was, besluit om te loop toe dit duidelik geword het dat Malema en die ANC Jeugliga die geleentheid gekaap het om ʼn anti-wit agenda te bevorder.

Roets het in reaksie op Malema se vraag oor waar die wittes is, gesê Malema loods voortdurend aanvalle op wittes en dat Malema tog nie in alle erns kan verwag dat wittes moet opdaag by plekke waar Malema ʼn toespraak lewer nie.

 “Malema moet dalk begin besef dat hyself die probleem is en dat meer mense sal opdaag om sporthelde te verwelkom as geleenthede soos vandag nie deur mense soos Malema misbruik word nie,” het Roets bygevoeg.

Volgens Roets is mense oor ʼn wye spektrum trots op die land se atlete se prestasies en word die geleentheid wat dit bied om wedersydse erkenning en respek tussen gemeenskappe te bevorder, belemmer deur die Malemas in die land.

Malema se vraag was uiteraard moedswillg want die krieket- en rugbyspanne is hoofsaaklik wit en die sokkerspanne swart. Die onderskeie sporte se juigkommando’s daag gewoonlik soos per ras op.  Afriforum het nie daarop kommentaar gelewer nie.
 

lego friends купить киевдепутат лобановский

Maak 'n opvolg-bydrae