Mugabe ongesteld?

Die Zimbawiese minister van verdediging Emmerson Mnangagwa kon Woensdag nie bevestig of ontken dat president Robert Mugabe vir mediese sorg in Dubai is nie.

"Ons lees dit in die koerante," het hy gesê nadat Suid-Afrikaanse mediaberigte verskyn het waarin beweer word dat Mugabe ongesteld is.

"Sover ek weet, is hy gesond, tensy dit 'n kleine onwelheid is soos griep wat hy dalk opgedoen het terwyl hy weg was."

Hy het egter bevestig dat die 85-jarige president nog steeds uit die land is.

Amptelike segsman George Charamba kon nie vir kommentaar bereik word nie.

Mugabe was Dinsdag sonder verklaring afwesig by 'n staatsbegrafnis van 'n senior amptenaar van sy Zanu-PF party.

Die Zimbawiese president sal president Jacob Zuma Donderdag by die Harare Landbouskou ontvang.

Onvermelde regeringsbronne beweer dat Mugabe Woensdag, verlede week, teruggekeer het na 'n amptelike besoek aan Namibië, maar byna dadelik weer na Dubai vertrek het met 'n klein delegasie.

насосное оборудованиеАлександр Фильчаков Васильевич