Godsdiensleiers, Cosatu skaar hulle by Zuma

Van die godsdiensleiers van verskillende gelowe het hulle by president Jacob Zuma geskaar. Lede van die Nasionale Intergeloofsraad van Suid-Afrika wat onder meer Christene, Moslems, Hindoes, Rastafariërs en die Afrika Onafhanklike Kerke insluit, het die President se verskoning ná die uitspraak van die Konstitusionele Hof aanvaar. Verlede week het van die godsdiensleiers onder die Nasionale

Lees verder: Godsdiensleiers, Cosatu skaar hulle by Zuma

Brexit wink na Cameron moet bieg oor Panama-dossier

Die Britse premier, David Cameron, moes sy inkomstebelastingopgawes van die afgelope sewe jaar bekend maak in die hoop om sy kritici se monde te snoer oor sy buitelandsde beleggings. Cameron het die eerste Britse leier geword om sy finansiële sake bloot te lê, maar sy mededingers in sy eie party asook die Arbeiders, het bloed

Lees verder: Brexit wink na Cameron moet bieg oor Panama-dossier

Comores stem

Kiesers in die Indiese Oseaan Comore-eilandgroep het Sondag gaan stem vir ’n president, met die huidige visepresident en ’n voormalige staatsgreep­leier wat die land vir sewe jaar regeer het as die gunstelinge. Die tweede ronde presidentsverkiesings kom nadat visepresident Mohamed Ali Soilihi, ook bekend as Mamadou, die eerste ronde in Februarie met 17,88 persent van

Lees verder: Comores stem

Bernie gewild, maar Hillary loop voor

Bernie Sanders het met sy jongste reeks oorwinnings oor Hillary Clinton gewys dat hy besonder gewild is by kiesers. Die voorloper in die wedloop om afgevaardigdes is egter steeds Hillary. Sanders en Clinton wedywer in die Amerikaanse presidensiële verkiesingswedloop om as die Demokrate se kandidaat aangewys te word. Met sy oorwinning Saterdag in Wyoming het

Lees verder: Bernie gewild, maar Hillary loop voor

Wêreldbank sê armoede in SA kan toeneem

Vir die eerste keer sedert 1994 is armoede in Suid-Afrika aan die toeneem, het die Wêreldbank gesê. Volgens die Wêreldbank het ekonomiese aktiwiteit in Sub-Sahara-Afrika in 2015 afgeneem, met BBP-groei van gemiddeld 3 persent, af van 4.5 persent in 2014. “Die 2016 groeivooruitsigte bly gedemp by 3,3 persent, ver onder die sterk groei van 6.8

Lees verder: Wêreldbank sê armoede in SA kan toeneem

Dodetal na Hindoetempel afbrand styg

Die dodetal in die reusebrand in ’n tempel in die suide van Indië het tot meer as 100 mense gestyg. Die polisie soek tans na 10 mense wat verbind word met die brand. Teen Sondag het die dodetal in ’n massiewe brand in ’n Hindu-tempel in die suide van Indië op 102 gestaan, met 280

Lees verder: Dodetal na Hindoetempel afbrand styg

‘EFF gereed om groot metrogebiede oor te neem’

Die EFF-parlementslid, Mbuyiseni Ndlozi sê die party is gereed om metrogebiede soos Tshwane, Nelson Mandela-baai en Ethekwini oor te neem. Ndlozi het Sondag Sunnyside in Pretoria besoek en inwoners aangemoedig om te registreer om te stem, het RSG berig. Hy sê Suid-Afrikaners moet hulleself gereed maak vir verrassings in die plaaslike regeringsverkiesing op 3 Augustus.

Lees verder: ‘EFF gereed om groot metrogebiede oor te neem’

Polisie in Masedonië keer massastormloop van migrante

Meer as 300 immigrante is vir beserings behandel nadat die polisie traangas, skokgranate en rubberkoeëls ingespan het om oproerige indringers terug te dryf van ‘n grensdraad. Die mediese hulporganisasie Dokters Sonder Grense (MSF) het bevestig dat meer as driehonderd migrante beseer is. Jeugdige migrante het die polisie met klippe bestook en wetstoepassers het op ‘n

Lees verder: Polisie in Masedonië keer massastormloop van migrante

Brussel-aanvallers wou Parys weer bom

Die terroriste wat verlede maand Brussel geteiken het, het aanvanklik beplan om ‘n tweede aanval op Frankryk te doen, het België se Federale Vervolgingsgesag gesê. Maar die groep was “verras deur die spoed van die vordering in die voortgesette ondersoek” en het besluit om ‘n aanval op die Belgiese hoofstad te loods, het die kantoor

Lees verder: Brussel-aanvallers wou Parys weer bom

Valke soek stropers wat witrenoster skiet

Die Valke in die Noord-Kaap ondersoek ‘n voorval waarin ‘n witrenoster by Kimberley doodgeskiet is. Woordvoerder, Philani Nkwalase, sê die witrenosterkoei is in die regterskouer geskiet. Volgens hom is haar ontbinde karkas verlede Vrydagoggend op ‘n plaas buite die stad gevind. Sy het nog albei haar horings gehad. Nkwalase sê dit wil voorkom of die

Lees verder: Valke soek stropers wat witrenoster skiet