praag.co.za

Brussel-aanvallers wou Parys weer bom

Written by

in

,

Die terroriste wat verlede maand Brussel geteiken het, het aanvanklik beplan om ‘n tweede aanval op Frankryk te doen, het België se Federale Vervolgingsgesag gesê.

Maar die groep was “verras deur die spoed van die vordering in die voortgesette ondersoek” en het besluit om ‘n aanval op die Belgiese hoofstad te loods, het die kantoor in ‘n verklaring gesê.

Twee selfmoordbommers het 16 mense op die lughawe Brussel op 22 Maart vermoor en in ‘n daaropvolgende ontploffing by Maalbeek-moltreinstasie dieselfde oggend, nog 16 mense opgeblaas.

Ondersoekbeamptes het bande ontdek tussen die sel agter die Brussel-aanvalle en die groep wat 130 mense in Parys vermoor het op 13 November verlede jaar.

Die verklaring Sondag het bevestig wat baie vermoed het: Die reeks klopjagte en arrestasies in die week in die aanloop tot die Brussel-aanvalle, het die moordenaars tot aksie oorgehaal.

Saterdag, het Belgiese owerhede vier mans aangekla weens hul deelname aan “terreurmoorde” en die “aktiwiteite van ‘n terroriste-groep” nalv die Brussel-aanvalle.

Een van hulle, Mohamed Abrini, is ook aangekla in verband met die aanvalle in Parys, het aanklaers gesê.

Abrini is geïdentifiseer as die sogenaamde “man in die hoed” wat langs die twee selfmoordbommer opgemerk is wat hulself opgeblaas het by die Zaventem-lughawe in Brussel.

Toesig-beeldmateriaal het hom ook in die konvooi saam met die aanvallers wat na Parys is, geplaas.

Abrini was ‘n jeugvriend van Brussel-broers Salah en Brahim Abdeslam, beide verdagtes in die Parysaanval.

Sy vingerafdrukke en DNA is nie net in ‘n Renault Clio gekry nie, maar ook in ‘n woonstel in die buurt Schaerbeek van Brussel wat gebruik is deur die lughawebommers.

Abrini het vroeër na Sirië gereis, waar sy jonger broer oorlede in 2014 as ‘n lid van die Islamitiese staat se Franssprekende brigade.

Die Belgiese anti-terreureenhede verkeer steeds op ‘n hoë gereedheidsgondslag aangesien hulle nog aanvalle verwag.

Die Franse minister van Binnelandse Sake, Bernard Cazeneuve het Sondag aan I-Tele TV gesê sy land het die afgelope tyd 13 sulke beplande aanvalle afgeweer en reeds 80 mense is aangekla sedert die begin van die jaar. Hy wou nie verder uitbrei nie.

Comments

4 responses to “Brussel-aanvallers wou Parys weer bom”

  1. jan Avatar
    jan

    Die feit wat soos die graf verswyg word is dat die aanval in Parys teen ‘n ingelse Satanistiese konsert was.
    Ou Hollande se grootste verleentheid want NIEMAND is be-indruk nie …..

    1. Hans Onrust Avatar
      Hans Onrust

      Het lijkt niet zo dat Death Metal door betrokkenen zo letterlijk uitgelegd had beoogd te worden.
      Muzikanten en bezoekers zullen bij aanvang van dat concert hebben bedacht eens een avondje lekker te gaan sterven voor € 50 entree.

      En alles wel in een tijd dat honderdduizenden misdaden door ‘migranten’ sinds de jaren ’60 normaal gevonden moeten worden, Jan.

      Hier een ‘normale demonstratie’ gisteren van nationalistische Turken en Koerden in Stuttgart waarvan de rekening, via o.m. door migratie verliesgevende ‘Krankenkasse’, neerkomt op de overlopen wordende Germaanse Duitser Germaanse West Europeaan.

      http://www.focus.de/politik/videos/hochaggressive-stimmung-tuerken-und-kurden-liefern-sich-heftige-auseinandersetzung-in-stuttgart_id_5425433.html

  2. Ray Avatar
    Ray

    EEN FOTO van man in hoed in ‘n plek wat wemel met kameras.

  3. Rooikop Avatar
    Rooikop

    Wys jou wat gedoen kan word as jy wil. Hier by ons is daar hoeveel onopgeloste moorde – veral plaasmoorde wat nooit opgelos word nie.

Leave a Reply