Wit mans in Gauteng verdien die meeste in Suid-Afrika, terwyl jong swart vroue in Limpopo die minste verdien, het die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge (SAIRR) Dinsdag gesê. Volgens inligting wat Statistiek Suid-Afrika en die SAIRR ontleed het, werk wit mans gemiddeld in die gemeenskaps- en maatskaplike dienstebedryf (insluitend die regering), beklee vaardigheidsposte, behoort aan ‘n
Wetenskaplikes ontsteld oor dodelike voëlgriepnavorsing
‘n Groep vooraanstaande wetenskaplikes het President Obama se raadgewers versoek om ondersoek in te stel na die etiese kwessies wat geopper is na ‘n besluit om ‘n hoogs aansteeklike vorm van die voël-griepvirus wat maklik tussen mense oorgedra kan word, te skep. Die wetenskaplikes, wat ‘n Nobelpryswenner insluit, het gesê dit is “moreel en eties
Lees verder: Wetenskaplikes ontsteld oor dodelike voëlgriepnavorsing
Noord-Korea, ‘n krisis wat vervaardig word
Die Verenigde State en die twee strydende Koreas kan ‘n warm oorlog veroorsaak, tensy beide Pjongjang en Washington ophou om mekaar te versondig. Net ‘n week of wat gelede was twee B-2 stealths non-stop van Amerika na Suid-Korea met kernwapens oppad, en weer huis toe. Hierdie “onsigbare” vliegtuig kan die GBU-43 / B MOAB 13.600
Ma van vermoorde kind weer aangeval
Liesl Botha, die ma van die vermoorde Alyssa Botha (13), is Sondag in Muldersdrift aangeval. Die kleinhoewe is naby ‘n plakkerkamp waar veral Zimbabwiërs woon. Botha is aan haar nek en arms met gebreekte glas gesny en gedreig. Lt.kol. Lungelo Dlamini, polisiewoordvoerder, het gesê twee inbrekers het omstreeks 02:00 deur die kombuisvenster by die huis
Heli-ongeluk: Swart vlieënier was ‘sonder ondervinding’
Sielkundiges van die weermag is inderhaas ontplooi vir ‘n spesiale ontlontingsessie in die Krugerwildtuin om die moontlike rassespanning ná ‘n helikopterongeluk wat deur ‘n onervare swart vlieënier veroorsaak is, te bestuur. Dit blyk dat die helikoptervlieënier wat die ongeluk veroorsaak het waarin ‘n wit kaptein dood is, nie ondervinding van “toestande in die wildtuin” gehad
Lees verder: Heli-ongeluk: Swart vlieënier was ‘sonder ondervinding’
‘Verkragters deurboor in Sjaka se tyd’
Pres. Jacob Zuma het die naweek gesê verkragters is in die verlede swaarder gestraf en aanvalle op vroue is ‘n skande. Hy het in Cato Ridge gepraat by ‘n kulturele geleentheid om hulde te bring aan Meva Ngubane, ‘n ANC-figuur. Sy was ‘n groot voorstander van swart tradisie en gebruike. “In die dae van Ilembe
Motief vir Britse soldaat se dood in Durban duister
Die mans wat vermoedelik betrokke was by ‘n bakleiery wat gelei het tot die dood van Brett Williams, ‘n voormalige Britse marinier, sal hulle waarskynlik vandeesweek by die polisie aanmeld. Die motief vir die bakleiery is steeds duister. Lt.kol. Vincent Mdunge, polisiewoordvoerder, het bevestig die mans se regsverteenwoordigers het met die polisie ooreengekom oor die saak.
Lees verder: Motief vir Britse soldaat se dood in Durban duister
‘Wit’ Happy Sidane vermoor
Die polisie in Tweefontein in Mpumalanga het bevestig dat Happy Sindane vermoor is. Sindane het tien jaar gelede die nuus gehaal toe hy beweer het dat hy ‘n wit seun is wat deur ‘n swart gesin ontvoer is. Hy is later by die gesin weggeneem en by ‘n plek van veiligheid in Bronkhorstspruit geplaas. Daar
DA wil Frankryk in SAR help
Die Demokratiese Alliansie beplan om ‘n dringende mosie ter tafel lê om pres. Jacob Zuma te dwing om alle Suid-Afrikaanse troepe uit die Sentraal Afrikaanse Republiek (SAR) te onttrek, is Maandag berig David Maynier, DA-woordvoerder oor verdediging, het aan die media in Kaapstad gesê dit moet troepe insluit wat glo na die Demokratiese Republiek van
Stellenbosch en ander Wes-Kaapse name verander
Mev. Helen Zille, premier van die Wes-Kaapse provinsie, het ‘n hele reeks naamsveranderings in dié provinsie aangekondig. Dít volg ná die suksesvolle transformasie van skool- en straatname wat die party reeds in Midvaal uitgevoer het. “As ek om my kyk, sien ek nog te veel name en simbole uit die apartheidstyd,” het mev. Zille in
