Die Verenigde State en die twee strydende Koreas kan ‘n warm oorlog veroorsaak, tensy beide Pjongjang en Washington ophou om mekaar te versondig.
Net ‘n week of wat gelede was twee B-2 stealths non-stop van Amerika na Suid-Korea met kernwapens oppad, en weer huis toe. Hierdie “onsigbare” vliegtuig kan die GBU-43 / B MOAB 13.600 kg bom dra wat glo in staat is om deur 70 meter van gewapende beton te dring, om Noord-Korea se ondergrondse kernfasiliteite en sy leierskap uit te wis.
Vroeër hierdie maand, het Amerikaanse B-52’s ‘n skynaanval uitgevoer wat herinner aan die massiewe Amerikaanse bombardementen teen Noord-Korea tydens die 1950’s in Koreaanse Oorlog. Die VSA-Suid-Koreaanse-Australiese oorlogspeletjies in Maart was uitsluitlik ontwerp vir ‘n oorlog met die Noorde.
Die Amerikaanse media ignoreer hierdie uittartende skynaanvalle, en konsentreer soos gewoonlik op Noord-Korea se dwase dreigemente om die VSA aan te val met lankafstandmissiele.
Die VSA en Suid-Korea se verdedigingsverdrag vereis dat Washington militêr ingryp as oorlog tussen Noord-en Suid-Korea verklaar word. Gegewe die huidige spanning, kan die botsings vinnig lei tot volskaalse oorlog.
Noord-Korea het nou reeds herhaaldelik gedreig om dele van Suid-Korea se hoofstad, Seoul, plat te vee. Noord-Koreaanse kommando’s en missiele is getaak met die aanval op alle Amerikaanse lughawens en installasies in Suid-Korea. Die 28.500 Amerikaanse troepe in Suid-Korea sal ook ‘n primêre teiken wees.
Noord-Korea het ‘n taai 1,1-miljoen man weermag wat meer as gereed is om die suide aan te val. Massiewe Amerikaanse lugsuperioriteit sal uiteindelik enige aanval afweer, maar dit beteken dat Amerikaanse vegvliegtuie van die Golf en Afghanistan aangewend sal moet word. Die US Air Force se voorraad bomme en missiele is gevaarlik laag en sy toerusting sukkel met slytasie.
Die VSA het gewoond geraak aan oorlog teen klein lande waar hulle die “bedreiging” erg oordryf: Grenada, Somalië, Irak, Libië. Die laaste werklike oorlog teen Viëtnam, was ‘n epiese nederlaag vir die Amerikaners. Noord-Korea is nie ‘n Irak of Libië nie.
Pentagon-studies toon dat die invallende Noord-Korea die VSA tot 250.000 slagoffers kan kos. Dus het die VSA taktiese kernwapens in gedagte. Maar Noord-Korea het belowe om Japan ook aan te val as die VSA kernwapens inspan. En daar is die bedreiging van Chinese ingryping.
Die VSA sou wys wees om uit hierdie konfrontasie te bly en spanning met Noord-Korea te ontlont. Amerika en sy leë staatskas kan nie bekostig om nog ‘n oorlog te begin nie. Reeds $2 triljoen is uitgemors op die verlore oorloë in Afghanistan en Irak. Amerika se gewapende magte het vasgeval in die Midde-Ooste en Afghanistan, en is nie gereed vir ‘n werklike oorlog in Korea waar net die logistiek al ‘n aansienlike uitdading is nie.
Nou sal dalk ‘n goeie tyd vir Washington wees om sanksies teen Noord-Korea te laat vaar. Pjongjang se werklike doelwit is om ‘n nie-aanvalsverdrag met die VSA te sluit en verhoudinge te normaliseer. Washington sal daarby baat want die wapenaankope van Israel se Midde-Oosterse vyande sal daarmee ‘n knou kry.
Die krisis word grotendeels vervaardig deur Amerikaanse militêre bullebakke wat korttermyndoelwitte soos hulle eie posisies nastreef. Die mislukkings in Irak en Afghanistan het blykbaar ‘n hele paar generaals se bevorderingsmoontlikhede in die gedrang gebring.
Dis hoog tyd dat diplomate oorneem.
