Die polisie in Tweefontein in Mpumalanga het bevestig dat Happy Sindane vermoor is.
Sindane het tien jaar gelede die nuus gehaal toe hy beweer het dat hy ‘n wit seun is wat deur ‘n swart gesin ontvoer is. Hy is later by die gesin weggeneem en by ‘n plek van veiligheid in Bronkhorstspruit geplaas.
Daar is DNS toetse gedoen om te bepaal van watter ras hy is, en ‘n aantal mense het beweer dat hulle sy biologiese ouers is.
Maande later het ‘n landdros in Bronkhorstspruit bekend gemaak dat Sindane se ouers ‘n Duitse man en sy huishulp Rina Mzayiya is.
‘n Ondersoek het bepaal dat Mzayiya hom aan haar vriendin Betty Sindane gegee het. ‘n Polisie woordvoerder, Patrick Mabhena sê Happy Sindane is dood nadat hy met ‘n aantal wapens en klippe aangerand is.
